Verified Reviews
Gariep Dam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gariep Dam
Rated 4.3 out of 5 based on 1317 reviews.
"Daar is 'n paar uitstekende gastehuise wat baie goed geleë is en ook 'n goeie uitsig oor die dam het. Maar ek het besef dat daar baie ander gastehuise is wat nie goed geleë is nie."
"Gariepdam is 'n ideale wegbreekdorpie indien iemand van die gejaag van die stad wil wegkom. Die hotel en oord blyk die ideale blyplekke te wees. "
"Rustige atmosfeer. Sal dit beslis aanbeveel vir persone wat werklik wil rus."
"Nice surrounding that are quiet and peaceful - great place to stay over at after a long trip."
"Dink dit sal 'n lekkerder vakansiebestemming wees vir mense wat watersport / visvang geniet en die nodige toerusting besit."
"Gariep dam is beautiful, we had supper at De Stijl Hotel over looking the Gariep Dam. The De Stijl Hotel had an amazing atmosphere and the food was superb!"
"Vaart op die dam is baie lekker gewees. Kort dalk `n toerisme buro om al die aktiwiteite aan te dui."
"Indien jou begroting dit toelaat is die vierster De Stijl hotel die moeite werd om te besoek. Dit het 'n uitstekende restaurant wat inloop gaste toelaat. Met 'n asemrowende uitsig oor die dam en iets lekkers te eet en te drink sal dit 'n hoogtepunt van jou reis na die Kaap wees."
"Heelwat besienswaardighede. Ons het die Norvals Pont Konsentrasiekamp Kerkhof besoek, maar is teleurgesteld in die swak toestand daarvan."
"Eerste keer dat ons die dam sien en dit was wel 'n belewenis om die groot dam te kon sien."
"As halfpad merk tussen Gauteng en die Wes-Kaap is dit 'n gerieflike ligging om te rus."
"Baie mooi en rustig, maar meer vir boot en vissermanne as jy lank wil bly."
"Doen moeite en gaan verken Norvalspont, die hotel en dan die Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp gedenkteken."
"Ons sal beslis weer Gariepdam toe gaan en ons hele gesin saamneem. Dit is pragtig langs die dam."