Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Parkview is 'n rustige woonbuurt baie naby aan die Wits-kampus en dus baie geskik vir my doel, want dit is nie nodig om op die M1 te gaan om by by Wits uit te kom nie. Dit is ook sentraal genoeg vir toeriste."
"Excellent shopping malls around Randburg with friendly, helpful staff members from different shops in the Mall(s). Enjoyed my business venture at the Coca Cola Dome where I attended Forever's Global Rally #FGR16 which was an amazing experience. Also got to go to Monte Casino and spend the day there with friends. "
"Waverley self is nie 'n toeristebestemming nie maar dit is wel so geleë dat dit binne afstand is van baie plekke om te besoek. Die vlooimark by Kollonade. Die China Mall. Dit is ook naby Menlyn Shopping Centre en baie ander Malls om vir die dag uit te gaan. Dit is ook so geleë dat hospitale ens. bereik kan word. Ons was ook uit vir die dag na Hartebeespoortdam. Dit is gerieflik en sentraal geleë."
"Goed geleë met al die groot winkelsentrums, restaurante en bioskope. Die klimaat is sub-tropies, veral in die winter is dit 'n pluspunt. Die omgewing is lowerryk en almal hou hulle tuine netjies. Dit is 'n plesier om daar in die strate te loop. "
"Dinokeng het nog baie min wild. Dit was bietjie teleurstellend. Ek glo die toekoms sal dit 'n treffer reservaat word. Ek het dit geniet om die relatief mak wild en voëllewe wat ons gesien het van nader te beskou, die voertuig af te skakel en my tyd saam met die wildsoort te spandeer. Ek is lief vir die natuur en wildslewe en dit was vir my lekker en ontspannend. Eintlike vraag: JA ek sal weer sommer op 'n afdag soontoe gaan JA."
"Ek het groot geword in Villieria en dit is dus 'n bekende omgewing! Gemiddelde woonbuurt, stil en rustig, naby aan alle geriewe wat benodig kan word."
"Snelweë en alternatiewe paaie is in 'n puik toestand, net jammer byna elke afrit het 'n tolhek maar baie baie winkelsentrums en malls en Montana traders is beslis 'n winskoop mekka en beslis 'n besoek werd. "
"Alhoewel dit baie uitgebrei het in Waverley met die jare is dit nog steeds rustig met skoon omgewing. "
"Pragtige gastehuise in die mooi laeveld omgewing. Alle besighede in onmiddellike bereik. Absoluut 'n wennersomgewing."
"We will be back, there are a lot more to experience, our 4 days were just not enough."
"Die Kloofendal Natuurresevaat was so naby en ons het dit geniet om daar ook tyd te spandeer en lekker foto's te neem."