Verified Reviews
George
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"George is naby bekende plekke soos Knysna en Plettenbergbaai. George is meer bekostigbaar en boonop ook mooi. Daar was nie veel inligting oor wat George vir besoekers bied nie, veral nie vir kinders nie - iets wat aandag kort."
"As jy inkopies wil doen is die Garden Route Mall net die plek. Baie parkering en genoeg winkels om van te kies."
"Beslis een van die mooiste plekke in Suid-Afrika en gerieflik naby die see, berg en omliggende besienswaardighede."
"Heroldsbaai het ons regtig verras. Dit was ons eerste keer daar, maar ons sal van nou af elke jaar soontoe gaan. Dit het 'n beeldskone strand, netjies en skoon. baie rustig en perfek vir 'n wegbreek van die stadslewe. Dis waarlik 'n versteekte juweel!"
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"Victoria Bay is heerlik en rustig. Klein strandjie met sekuriteit en 'n heerlike restaurant. "
"George is 'n wonderlike toeristebestemming. Sentraal geleë tussen Knysna en Mosselbaai met al die kleiner strande tussenin. As dit nie vir my kleinkinders wat in Gauteng woonagtig is nie, sou ek dit ernstig oorweeg het om my in George te vestig!"