Geverifieerde Resensie
Glencairn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Glencairn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 47 resensies.
"Lieflike area - pragtige natuurskoon met heerlike restaurante en besienswaardighede net 'n paar kilometers verder. Definitief die moeite werd om daar tuis te gaan."
"Glencairn is in 'n pragtige omgewing met die mooiste uitsig oor die baai. Dit is baie naby Simonstad, Boulders, Fishoek en ander klein dorpies wat 'n besoek werd is. Dit is ook nie ver van Kaapstad af nie so dis 'n goeie plek om in te bly."
"Goeie ligging waarvandaan besoeke aan Muizenberg, Kalkbaai, Vishoek, Simonstad, Kaappunt en Houtbaai gerieflik afgelê kan word."
"Diksie's Restaurant just down the hill from the seascape made it even more awesome."
"Ons wou graag in 'n plek bly met 'n see-uitsig bly en het so uitgesien om die walvisse te sien. Ons het maar een middag op die strand gaan sit nadat ons gehoor het daar was 'n walvis naby. Ons was so gelukkig om hom te sien."
"Wind onvoorspelbaar soos wat die Kaap maar is maar die pragtige uitsig en omgewing maak definitief op vir die dae wanneer die suid-ooste wind sy spiere wys. Die strandjie is privaat en nooit oorvol nie. "
"Uitsigte fantasties, veilige stil buurt. Alle geriewe wat jy aan kan dink minder as 'n halfuur op die verste. Wonderlike plek om tuis te gaan."
"Baie sentraal geleë met baie moontlikhede om te doen. Pas net op vir die verkeer oor die groot feesdae - maak eerder van die trein gebruik."
"Uitstekende ligging met prag-uitsig. Baie netjiese plek wat professioneel bestuur word."