Verified Reviews
Glentana
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Glentana
Rated 4.7 out of 5 based on 63 reviews.
"Die tyd van die jaar heerlik stil. Netjies en veilig, lekker groot sandstrand en golwe. Egter nie iets vir iemand wat heeltyd vermaak wil word nie. Daar is net een restaurant en kroeg en baie klein winkel, maar alle geriewe is in Grootbrak sowat 15 min se ry."
"Very nice and clean area with excellent safety. The Wrangler was left outside and not even locked. The addition of the shops at Groot-Brak entrance and the restaurants on both sides was great. Very nice food. Did unfortunately not have time to visit all of them."
"Pragtig, skoon, veilig en "lekker" mense! Stil strand en "well manicured". 'n Heerlike plek vir siel en liggaam."
"Glentana is my gunsteling wegbreekplek. Dit is redelik naby alles en net ver genoeg om uit die gedruis te wees."
"Veilig en nie overcrowded nie. Skoon see, fantastiese matige weer, skoon kusdorpie naby lughawe en tussen Mosselbaai en George. Heerlik om Tuinroete van daar af te verken!"
"Lang en mooi strande met lekker ver stappe langs die see moontlik en potensiaal vir rotshengel aan die Oostekant. Alhoewel daar onverwags baie mis was in die afwesigheid van winde tydens ons besoek van drie dae, is die weer lekker en gematig. Glentana was nog altyd en is steeds 'n baie goeie bestemming! "
"Not on the beach front but close enough to walk to it. We didn't explore the area (were there for a wedding). "
"Glentana is 'n puik vakansiebestemming. Naby aan George en Mosselbaai met ongelooflik baie om te doen. "
"Glentana is 'n stil en veilige bestemming vir 'n gesinsvakansie. Net 10 tot 15 minute vanaf George-lughawe, die vulstasie en winkels by Groot Brak. "
"Stil, rustige dorpie. Die Visgraat restaurant (ou Glentana strandkafee) onder by die see word hoogs aanbeveel."
"Glentana is 'n bietjie rustiger as Mosselbaai, net waarna ons gesoek het, maar nogsteeds so naby sou jy 'n dag van wemel wou geniet. Pragtige strand en vol vriendelike mense."
"Lieflike omgewing en nie so besig soos by Mosselbaai en Hartenbos nie."