Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Ongelooflik pragtige dorpie, mooiste geboue en natuurlik die indrukwekkendste kerk! Die mense was oral baie vriendelik en mens kry 'n gevoel van "warm ontvangs!" Die Vallei van Verlatenheid is 'n MOET, dit praat met jou siel. Die wind was net bietjie lastig!"
"Al Graaff-Reinet se museums en gallerye maak om 12:00 op 'n Saterdag toe. Naweekbesoekers wil tog meer doen as net 'n besoek aan die Nasionale Park?"
"Ons het die lekkerste aandete en ontbyt geniet by Polka. Kan dit regtig aanbeveel vir enigeen wat van goeie kos en 'n lekker atmosfeer hou."
"Baie oulike dorp. Die Vallei van Verlatenheid is beslis die moeite werd om te gaan kyk."
"Historiese waarde en Camdebo net so spesiaal, wens ons het meer tyd gehad!"
"Ons as gesin is mal oor Grafies. Dit is lekker om daar te oornag, baie om te sien en doen. Die dal van verlatenheid is onbeskryflik mooi. Die imposante kerk is 'n duisend foto's werd. Ons hele gesin het al vanuit alle oorde daar oornag [by Betty's] om ons dogter se 50ste verjaarsdag te vier. Lekker familie kuier!"
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp in 'n ewe pragtige omgewing. Die dorp is ryk aan geskiedenis en kultuur. Lekker plek om te kuier. Ons was bietjie Uilhuis toe. Ook 'n lekker uitstappie. En natuurlik die natuurreservaat. Mens kan maar vir langer as een dag gaan!"
"Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk. "
"Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend."
"Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag. "
"Mooi skoon dorp. Tien oor sewe die aand was werkers nog besig om strate skoon te maak. Doen so voort."
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is."
"'n Hoogs indrukwekkende dorp. 'n Volwaardige vakansie is nodig om alles to besigtig. Frontiers restaurant is tops!"