Verified Reviews
Grabouw
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Grabouw
Rated 4.3 out of 5 based on 163 reviews.
"Die dorp op 'n Vrydagmiddag is nie 'n aangename ondervinding nie. Te besig."
"Het by 'n paar plekke ingeloer: Hickory Shack - lekker kos, ciders sal ek 'n mis gee maar baie lekker stout; Almenkerk wynplaas was tops; Honingklip - great 4x4 roete en bierproelokaal."
"Die dorp self het nie baie opsies vir uiteet en inkopies nie. Peregrine padstal is wonderlik en sommer op die pad soos jy inkom. "
"Grabouw bied 'n hele paar versteekte juweelwynplase, buiten die baie bekende Peregrine Padstal. Lekker plek, Afrikaans, minder hoofstroom as Stellenbosch. Puik!"
"Ek het nie vreeslik verken nie. Ek het gekom om aan die Spur Winter Series deel te neem wat daai naweek afgeskop het. Die natuur langs hierdie "event" was asemrowend en Paul Cluver was baie mooi!"
"As jy by Grabouw is en avontuur waardeer, moet jy Cape Canopy Tours besoek wat 'n Zipline bedryf wat baie veilig is, maar 'n ongelooflike belewenis is. Daar is appelplase en appelpakstore om te besoek en 'n verskeidenheid van wynplase met wynproe geleenthede."