Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Die Karoo Park is beslis die hoogtepunt van enige kuier in Beaufort Wes. Die Karoo Deli was ook goeie waarde vir geld."
"Prins Albert is een van ons gunsteling plekke in die Karoo. Die dorp is so rustig en die mense is baie vriendelik."
"Die ou geboue is 'n belewenis en ek beveel die Chris Barnard-museum sterk aan. Die ou kerkgeboue is absoluut pragtig. Baie vriendelike mense en die kos by 4Sheep is absoluut fantasties - hulle lamkerrie is 'n moet."
"Baie oulike dorp. Geniet die eetplekkie 4Sheep - hulle kos is heerlik."
"Beaufort-Wes self is nie 'n baie skoon dorp nie. Ek glo wel die omliggende plekke behoort die moeite werd te wees om te besoek."
"We found the town very clean - no rubbish lying in the streets which is difficult to control at this time of year. Also noticed new establishments like "My Karoo" deli. Lovely couple and stunning place. "
"Ons was nie juis lank in Beaufort-Wes nie, maar die omgewing is pragtig. Ry gerus so 10 km op die pad na Loxton uit - die pas is die moeite werd en ons het selfs 'n koedoe of twee gesien! Daar is ook 'n oulike restaurant (4 Sheep) wat almal moet probeer. Hulle ondersteun die skaapboere van die Karoo en gebruik slegs gehaltevleis van die plaaslike verskaffers!"
"Gaan eet by Chris Vis die ribbetjie-en-calamari combo. Die Lazy Lizzard het wonderlike koffie, vriendelike kelners en die beste appeltert en kaaskoek ooit!"
"Pragtige dorp! Fantastiese eetplek by Karushi - bekostigbaar, wye verskeidenheid (ook vir vegetariërs) en baie smaakvol voorberei."
"Die Swartbergpas na Oudshoorn is baie aanskoulik, veral in die voormiddag voor dit warm raak."
"Vir diegene wat van afval hou, kan dit geniet word in die koffiewinkel by die hotel."