Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 657 reviews.
"Wish we could've stayed longer to explore the whole of Greyton and surroundings."
"Die lekkerste staproete gaan doen in die natuurreservaat en die dorpie se rustigheid is alles wat mens nodig het vir 'n lekker afskakel naweek."
"Dit is 'n pragtige dorp met die vriendelikste mense. Ek kan nie wag vir my volgende besoek nie."
"What we loved about the town was the quiteness and no large shopping centres to detract from the country feel of the place."
"As jy natuur en klein dorpies geniet moet jy hier 'n draai maak. Daar is die pragtigste winkels en "Afraid of Mice" my insiens die mooiste op die dorp. Die restaurante bedien die heerlikste kos en daar is iets vir almal. Ry met 'n fiets deur die dorp en geniet tee en koek by die kwekery. Stap in die natuurreservaat. Glo my, 'n naweek is net te min om alles te doen."
"Lieflike plattelandse dorpie. Vredig, met pragtige wandelroetes, eet- en drinkplekkies, plaasmarkie op Saterdag en Zippy's (plaaslike supermarkie)! Greyton se gemeenskap het die kuns van "cottage living" vervolmaak. "
"Dorpie is regtig mooi en goeie bestemming vir 'n besoek van 2 dae. Die mark op Saterdae is lekker, veral die pannekoek."
"Stil in die winter-midweek, maar dis te verwagte. Fantastiese bergfietsroetes al rondom die dorp en op en af met die verskeie omliggende berge en koppies!"
"Greyton is 'n besondere plek met soveel geskiedenis. Soveel om te doen en sien maak dit ideaal vir 'n naweekwegbreek."
"Greyton is nog sovêr die mooiste van die klein dorpies wat ek beleef het met die grootste keuse van restaurante & dinge om te doen & sien. Sal dit enige tyd weer besoek. "
"Pragtige dorpie. Die restaurante vra wel so bietjie van 'n premie, aangesien die bestemming as 'n toeristedorp gesien word."