Verified Reviews
Groot Marico
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Groot Marico
Rated 4.3 out of 5 based on 36 reviews.
"Rustige plaasatmosfeer, straatmark, mampoerproe en toer was ook baie lekker. Het bietjie meer tyd nodig gehad om meer te verken, maar sal weer gaan."
"Goot Marico is mooi, maar baie verwaarloos. Het uit gery Zeerust toe om inkopies te doen. Hulle het winkel op die dorp maar voldoen aan die basies."
"Access to river to swim could be made easier. Our visit to the eye was terrible. A very rude young man demanded R200 rand from us for parking on the grass which I declined to pay and left the area. The road was a nightmare."
"Baie vriendelike en gasvrye mense wat altyd behulpsaam is in die dorp en met enige iets wat mens sou nodig kry."
"Dit is jammer om te sien dat so 'n geskiedkundige klein dorpie so vervalle begin raak in 'n wêreld waar die ekonomie al moeiliker raak."
"Besoek beslis die infosentrum. Dit is die hart van die dorp en Santa is ’n wonderlike mens om te ontmoet."
"Baie klein dorpie, maar het die nodigste. Is mal oor die rustigheid en gasvryheid van die mense. Groot Marico het onder my vel ingekruip."
"Unbelievably tranquil, honest people and well worth eco-holiday. "
"Step back to a time where life is slower and people are a lot friendlier than we are used to today. Life is simple and unpretentious, the community is a community and very welcoming and embracing of visitors. Groot Marico is everything that city life is not and vice versa. So if you are an urbanite, it is not for you. If you seek tranquility and the slower pace of a time gone by, it is."
"Behalwe vir die pragtige natuur is daar nie regtig iets in die omgewing om te geniet as daguitstappies nie."
"Die dorpie is maar sleg, maar die natuurlike omgewing soos by Hanging Garden is beeldskoon. "
"Groot Marico as dorp is vrot, die regering daar gee niks om vir die inwoners nie en dit is 'n skande dat so 'n dorpie so agteruitgaan, maar die mense van die dorp en gebied is baie vriendelik."
"Dit was so lekker by Evergreen. Ek het ongelukkig nie Groot Marico besoek nie."
"Die plekkie is bitter klein en die hele "dorp" maak toe teen sononder! Die vleis wat ek daar gekoop het was egter baie lekker."
"Die omgewing en natuur is pragtig! Die dorp self het ons egter effens terleurgestel."
"Vat 'n hoed, sonbrandroom en Aftersun saam, asook 'n sterk flits wat ver skyn om diertjies in die aand te soek."
"Die kroeg in die dorp is baie goed ingerig en hulle kos is heerlik. Die eienaars is baie vriendelik. Ek sal hulle beslis aanbeveel. Gaan doen beslis die Mampoertoer en gaan besoek ook die Groot Marico Oog (Kristal skoon water en lekker vir swem). "