Verified Reviews
Hardap
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hardap
Rated 3.9 out of 5 based on 72 reviews.
"Ek kon ten minste wildsbiltong by Ry-en-Kry Slaghuis kry, iets wat baie skaars in Namibië is."
"Ek dink net by die Sesriem Canyon moet hulle 'n bordjie opsit wat aandui waar mens moet afgaan tot onder. Dit sal veral buitelanders help om te weet waar hulle kan afloop tot onder."
"Goeie oornagplek as jy soos ons van die Kaap ry op pad na die noorde van Namibië toe!"
"It was just used as a stopover. But the next day we got to visit Hardap Dam close by. So it was worth it!"
"Dit bly 'n belewenis om Sossusvlei en Dooievlei te besoek en te sien. Moet ook nie die Sesriem Canyon misloop nie. Om vroegoggend te ry en die son oor die rooi duine te sien opkom bly spesiaal. Ek stel voor jy stap die canyon laatmiddag, slaap oor, en gaan vroegoggend na die vlei en spandeer die oggend op die duine en by die vlei. Teen middagete raak dit te warm en dan kan jy weer verder reis."
"Moet twee nagte daar oorslaap vir genoeg tyd om alles te sien. Ek is jammer dat daar soveel toeriste Sesriem toe kom. Paaie baie sleg, baie stof en voertuie (en vliegtuie) wat rond jaag vroeg tot laat. "
"Ek sou voorstel dat hul die pad vanaf Solitaire na Sesriem teer. Die grondpad dra baie verkeer en sodoende bly die pad in 'n slegte toestand, al skraap hulle die pad. A.g.v. die baie verkeer lê daar die heeldag 'n dig stoflaag oor Sesriem wat sig belemmer en ek het sinus gekry van die stof. "
"Wonderlik om te besoek en die woestyn te ervaar. Die plek was net vreeslik besig binne seisoen toe ons daar was."
"Mariental is 'n baie stil dorpie. Uiters geskik vir 'n goeie nagrus ná 'n uitputtende lang rit. "
"Maybe in the heat a little bar fridge may be beneficial especially if we travel with insulin, but they did provide ice to purchase."
"Baie goed geleë vir oornag tussen Suid- en midde Namibië. Voldoende brandstof en maklik sigbaar vanaf hoofweg. "
"Het nie juis rondgery om te kyk wat daar alles is nie, maar dit wat ons gesien het was netjies."