Geverifieerde Resensie
Harrismith
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Harrismith bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.6 uit 5 gekry volgens 201 resensies.
"Spoedlokvalle is bietjie oortollig, maar andersins uniek in sy eie sin."
"Was altyd ons gunsteling oornagdorp, maar tye het verander en infrastruktuur kort baie aandag."
"Die paaie is (soos oral in die land) baie sleg en die Ecopark en botaniese tuine is in 'n uiters swak toestand, en ek bedoel werklik uiters swak. Maar andersins is dit 'n lieflike plek en ek het dit baie geniet daar, daar is baie winkels en eetplekke en ek sal enige iemand aanbeveel om soontoe te gaan."
"Interesting, historical town. I went for a run in the morning and saw lots of old houses and buildings. Potholes of course, but that didn't stop me."
"Lieflike, pragtige dorp. Ons het rondbeweeg en alles daar rondom besigtig. Was 'n heerlike ervaring gewees."
"Harrismith was nie ons doel nie. Wou net korter op die pad wees en minder gejaagd wees."
"Baie potensiaal, maar ongelukkig in 'n vervalle toestand, dis nou die openbare ruimtes, strate, ens."