Verified Reviews
Hartbeespoort
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartbeespoort
Rated 4.5 out of 5 based on 670 reviews.
"Dit is 'n plek wat vir alle mense geleentheid bied om hulle belangstellings en begeertes uit te leef. Dit is vir die Gautengse stedeling en Noord-Wes inwoners baie gerieflik geleë vir korter of langer uitstappies."
"Hartbeespoort het beslis genoeg om jonk en oud besig te hou. Die gunsteling was Cameleon Village met die Leeu Park, winkeltjies en verskeie restaurante. Die verkopers by die dam wal kan bietjie lastig wees maar dis die moeite werd om daar om te ry. Vir die boekwurms is daar 'n goedkoop boekwinkel by Damdoryn Junction wat ook Langspeel Plate en Xbox/PS speletjies teen spot goedkoop pryse verkoop."
"Die olifante was 'n ongelooflike ervaring by die "Elephant and Monkey Sanctuary." Harties Boat Cruises is 'n ramp met bote wat oorlaai is ten opsigte van COVID-regulasies. Jy kan nie kanseleer nie en hulle betaal ook nie jou geld terug nie."
"Baie mooi bestemming. Bly net weg van Jasmyn af vroeg op ’n Sondagoggend, dis vreeslik besig."
"Baie om te doen, lekker eetplekke, baie om te gaan sien! Maak gerus 'n naweek daaruit."
"Dis was baie lekker gewees maar vir plaaslike mense is dit baie duur om daar weg te breek."
"Hulle sal moet kyk na die paaie, daar is verskiklik baie slaggate wat dit moeilik maak om te bestuur veral in die nag."
"Dis 'n lekker plek, maar die paaie kort beslis werk en die dam en dorp is vuil."
"A very relaxing getaway location if you want a break from city life, with lots to do for children and adults alike."
"We loved Hartbeespoort! It is a beautiful area with the mountains, the dam and lush vegetation. There are lots of interesting things to do and see and lovely country restaurants to visit."