Verified Reviews
Hazyview
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hazyview
Rated 4.4 out of 5 based on 532 reviews.
"Hazyview is 'n uitstekende dorp vir vakansie hou. Baie goed om te doen en natuurlik die Wildtuin. Genoeg winkels en restaurante en twee groot winkelsentrums."
"Die dorp is nie te lekker nie, maar baie om te doen en sien in omliggende areas."
"Die Checkers is amper op Woolies standard, baie goed gewees. Ek het my Venter sleepwa perongeluk oop vergeet, na 2 ure se inkopies was alles nog net so in die sleepwa, ons was verras (en dankbaar). My dogter het haar donkerbril in 'n winkel verlê en dit wraggies die volgende dag weer daar terug gekry. Uitstekend!"
"Ietwat teleurgesteld in die toestand van die dorp Hazyview. Het onveilig in die dorp gevoel en die dorp is verwaarloos!"
"Heeltemal oorbluf met al die winkels en heerlike eetplekke en natuurlik avontuur aktiwiteite om te doen."
"Hazyview was maar nog altyd 'n baie mooi plek, veral in die winter met die mis en die area naby die wildtuin."
"Aangename klimaat en sentraal geleë om al die besienswaardighede te besoek. "
"Baie mooi omgewing. Daar is ongelukkig baie slaggate in die pad vanaf Graskop en van die inwoners ry roekeloos. Daar word baie moeite gedoen om die tyd vir toeriste aangenaam te maak."
"Fantastiese plek en omgewing, wil weer 'n draai gaan maak om plek lekker te verken!"
"Ons lief Hazyview, het al by vele plekke daar gebly en meestal deur julle bespreek en gewoonlik uitstekend. Daarom meet ek Kwambali teen ander plekke met soortgelyke tariewe, definitief nie aan te beveel."
"Behalwe vir die toeristesentrum (plek met verskillende restaurante) wat regtig uitstekend is, is dit nogal ongerieflik dat beide sentrums se winkels so vroeg toemaak, maar dis seker maar omdat dit so 'n klein dorpie is. Baie gerieflik as mens die Wildtuin wil besoek."
"Vir oorsese besoekers wat net wil oorslaap sal dit die ideale bestemming wees aangesien die eenhede se dekor baie etnies is. "
"Ons was op 'n gholftoer en het nie veel van Hazyview gesien nie. Ek moet sê al die bane wat ons die omgewing gespeel het was in puik toestand. "
"Is the place to be and the view of the Kruger National Park was nice and the environment is cool."
"Hazyview is 'n baie interessante dorp wat besig is om baie te verbeter. Die dorp se ligging is so ideaal as mens alles in ag neem wat 'n toeris in en om daardie area kan doen en geniet."