Verified Reviews
Heidelberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Heidelberg
Rated 4.2 out of 5 based on 117 reviews.
"Heidelberg bied nie juis veel in terme van toerisme nie anders as die natuurreservaat. Die dorp is baie vervalle en dit gaan nog agteruit."
"Ons het plekkies ontdek wat ons nie eers van geweet het nie, soos die Heidelberg Museum en Duitse Restaurant en Heidelberg Club se kos was fantasties."
"Lekker verras met die vriendelike, Afrikaanssprekende gemeenskap. Voel dadelik tuis en welkom."
"Heidelberg is baie na aan my hart. Dit is 'n baie rustige dorp en het baie uitgebrei. Was heerlik om weer daar te kon wees."
"Dit was so lekker om Heidelberg vanuit 'n ander oogpunt te sien. Die Museum was 'n wow-faktor en ek beveel dit graag aan. Dit is een van daardie "hidden gems" wat 'n mens moet besoek. Die Duitse Adler restaurant het puik kos voorgesit en die ou trein wat omskep is in eetlokale gee 'n lekker atmosfeer. 'n Mens voel of jy op reis is."
"Ons het bloot gaan fietsry so laat Saterdagaand daar aangekom en Sondag net gaan fietsry. Uit dit uit kan ek nie regtig sê of Heidelberg 'n toeristebestemming is nie, maar van wat ek op die fiets gesien het dink ek nie dit is regtig vir toeriste nie. Dit is 'n aangename plek, maar nie 'n plek waantoe ek op vakansie sal gaan nie."
"Familie bly daar. Die party-musiek van partye en voertuie wat jaag in strate maak dit net onplesierig."
"Het nie tyd gehad om Heidelberg te verken maar sal weer besoek daar aflê. Slaggate kort dringende aandag."
"We were only there for two nights, and unfortunately, it rained most of the time. The town has an interesting history and a lot of charming old-world architecture. I would like to visit again in better weather and see/learn more."
"Ongelukkig, soos enige ander dorp, gaan Heidelberg baie agteruit, veral die paaie."