Verified Reviews
Heidelberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Heidelberg
Rated 4.2 out of 5 based on 81 reviews.
"Vriendelike en hartlike dorp. Het voorreg gehad om pragtige klipkerk van binne en buite te besigtig, en so ook die NHKA-Heidelberggemeente. Te midde van voorbereidings vir basaar is ons deur die geskiedenis van gemeente gelei en kon ons mooi foto's neem. Ons het heerlik gestap in Suikerbosrand natuurreservaat. Pragtige uitsig."
"Die indiese restaurant was ‘n verassing met die gebou self uit ‘n lang verlede era en die voedsek eg indies tradisioneel. Smaaklik voorberei en vriendelije diens daarby."
"Google things to do en jy is verstom oor die min om te doen/sien. Daar is egter die Erfenis Museum met heerlike bier en 'n eetplek; Die Klipkerk - woon sommer die Sondagdiens by in jou kortbroek want hulle is baie gasvry; besoek van die vele historiese geboue; die karwag by die kerk het ons ingelig! "
"Ek was verbaas om so mooi dorpie te sien, my eerste keer, en is regtig 'n pragtige plek. Sal beslis weer gaan besoek."
"Nooit besef Heidelberg het so 'n ryk geskiedenis nie. Heerlike kuierplekkies soos Sweatpea and Maple, asook Goud en Diamante."
"Heidelberg is gerieflik naby Pretoria met baie geskiedenis. Wanneer ek weer na Heidelberg toe gaan, sal ek beslis weer by Heidelberg Kloof tuis gaan."
"Heerlike gekuier en gekoop by Diamante en Goud. Hoor die plek is in die mark, jammer daaroor, want dit is regtig 'n baie spesiale plek. "
"Pragtige dorp en mooi omgewing. Daar is wel baie om te sien en 'n besoek werd. "