Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 3963 reviews.
"My family stays here and I grew up coming to Margate for holiday. I have a very deep love for it in my heart."
"Dis baie lekkerder vir ons by die kleiner strande soos Manaba, Uvongo en Lucien. Margate raak soms net te besig."
"Lekker plek om rustig te gaan vakansie hou, mooi strand om te gaan stap, maar ongelukkig nie dierevriendelik in die dorp nie. Munisipale verval is in verskeie plekke sigbaar."
"Ons het 'n strandhuis daar gehad in my kinderjare, my ouers het soontoe getrek in 1996 en Parys toe getrek in 2012. Die dorp het baie agteruitgegaan en ons was geskok. My Pa sal nie weer sy voete daar sit nie, maar ek het nog vriende daar so ek sal weer gaan."
"Vriendelike, oulike kuierdorpie en ons is altyd lief daarvoor om daarheen te gaan. Ek dink net die instandhouding het bietjie agterweë gebly, veral die dorpspaadjies."
Port Shepstone, Hibiscus Coast
Stephan's Guest House"Sal nie sommer in Port Shepstone vakansie gaan hou nie. Was net daar vir die "Sheppie Ladies Golf Festival". Ons geniet die gholfbaan en is volgende jaar weer daar!"
"Ramsgate is an extremely pleasant place for a beach holiday. The Homeowners Association of Ramsgate is doing a superb job of keeping and updating the communal areas of the beachfront."
"Fantasties, soos altyd. Dit is egter jammer dat bedelaars ook hulle weg hierheen gevind het."
"Margate self is nie meer wat dit voorheen was nie, maar Ramsgate vir wat ons wil hê in 'n wegbreek is tops."
"Die probleem met die infrastruktuur in die area is problematies! Mense kom hoofsaaklik om te swem en 'n vars vis te vang maar met geslote strande, riskante drinkwater en vars vis is dit nie meer so lekker op die Suidkus nie."
"Rustige omgewing. Baie skoon en netjies. Vriendelike mense en pragtige natuur."
"Junie/Julie-skoolvakansie is 'n goeie tyd om Margate te besoek. Daar is 'n lekker atmosfeer en die strande is nie toegepak met besoekers nie."
Port Shepstone, Hibiscus Coast
3 Palms"Ons het Southport strand baie geniet. Dis 'n blue flag strand met skoon geriewe."
"Daar was by sekere strande die riool probleem, maar het dit geniet om van strant tot strant te ry en by 'n hele paar lekker familie plekke geëet en gekuier."
Port Shepstone, Hibiscus Coast
Sea Cottage"Poor infrastructure in Port Shepstone but the house was totally self sufficient and was not affected by any load-shedding or water shortage."
"Ons ken dit as 'n lekker swemstrand, maar as gevolg van die verspoelings het ons eerder St. Michaels toe gery. Uvongo strand was regtig baie vuil."
"Ons vermy Margate CBD. Persoonlike gevoel. Baie ander puik winkelsentrums in onmiddelike omgewing wat alles bied."