Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1509 reviews.
"Enigste negatiewe inset is dat besighede te laat oopmaak, maar dit is te verstane. Waarde vir geld by alle winkels."
"Die mense is vriendelik and probeer hul beste gedurende hierdie moeilikke COVID19-tydperk."
"Heerlike kuierplek! Al wat sleg is, dat ons as toeriste nie weet ons moet vooraf by restaurante bespreek nie."
"Moontlik agv Covid was dorp baie stil met baie plekke gesluit. Ek verstaan Dinsdae is hul stil dag."
"Daar is regtig baie om te doen. Van forelvang tot die Bird of Prey Rehabilitasiesentrum. Mens kan vir 'n dag deur Sabie/Graskop/Hazyview toe ry. Baie restaurante en interessante winkeltjies in die dorp. En die mense is baie vriendelik."
"Wel almal moet die Hillbilly Bar besoek tydens hulle kuier in die omgewing, hulle mini eisbeins is nou vir jou die beste, hulle is so sag hul val van die been af. Hulle slaaie selfs is so lekker. Die diens daar is ook natuurlik ook fantasties. Ek hoop ons resensie neem meer mense na die wonderlike plekke toe. Hiertoe plekke is so wonderlik omrede hulle nie massa kosse kook nie, vir elke persoon maak hulle die kosse vars en dit is waar die verskille inkom, kosse wat teen die regte pas gemaak word is kol wat 'n mens kan geniet. In die stede word kosse te vinnig voorberei en daarom is die mense se kosse die beste. Gaan toets dit. Julle sal nie spyt wees nie."
"Ek sal elke jaar terug Dullstroom toe gaan om al die lekker plekkies weer te besoek, the Coachman is 'n moet as jy Dullstroom toe gaan."
"COVID-19 lockdown het seergemaak, maar die lewe begin terugkom. Dit is steeds die moeite werd om te besoek."
"Die perfekte blyplek vir rustig wees en om jou lewe te gaan geniet. Geen stadsgejaag. Net 'n plattelandse dorp wat jou nuwe spoed vir die lewe gee. "
"Take a jacket with you when you visit Dullstroom, what an awesome town, loved it."
Waterval Boven, Highlands Meander
Shamrock Arms Guest Lodge"Gaan besoek gerus die dorpie met sy eie karakter. Wat 'n stunning plekkie."