Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1509 reviews.
"Dullstroom is 'n pragtige dorp. Daar is baie mooi winkels en eetplekke regdeur die dorp. Die hele dorp is kindervriendelik. Meeste restaurante is hondevriendelik ook."
"Van uiterste belang om vooruit te bespreek vir Vrydae en Saterdae aande by die restaurante om teleurstelling te verhoed - plekke baie vol."
"Wonderlik, maak seker jy pop in by: Wild about whiskey, The art of food,en The Mayfly."
"Hope oulike restaurantjies en eetplekkies. Nie veel winkels nie maar wel 'n paar curio shops asook supermark."
"Pragtige natuur. As jy hou van rondsnuffel in snuisterywinkels en uiteet is dit die regte plek."
"Die dorpie is netjies en skoon, voel baie veilig daar. Daar is voldoende winkeltjies vir die doel. Ons het vriendelike en goeie diens gekry, asook lekker geëet by Old Transvaal Inn, The Rose Cottage en Mayfly Restaurant. The Clock Shop was 'n belewenis om deur te stap, sal nog my horlosie daar gaan koop! Ongelukkig is daar ook van die winkeleienaars wat onvriendelik is, en deur hul optrede veroorsaak dat mens nie welkom voel nie, dus ook nie lus is om hulle te ondersteun nie."
"Quaint little town with great restaurants and pubs. Beautiful area to go hiking, horse riding and fishing."
"Wonderlike dorp. Ons gaan ten minste 5 tot 6 keer 'n jaar Dullstroom toe. Amazing mense ook. "
"Baie mooi area. Die grondpad is ongelooflik sleg en nie begaanbaar met 'n gewone sedan nie. "
"Lovely scenery. Laid back activities like art and crafts, horse riding, whiskey and gin tasting. Very friendly people. Highly recommend Harries pancakes, Belgian waffles and the Coachmans for eating out with kids. Latter 2 places had kiddies play area."
"Ons indrukke was dit baie gekommersialiseer is, gerig om die internasionale toeris en daarom het die dorp van sy bekoring verloor. Sommige winkels se pryse is buitensporig."
"Sover is die dorp redelik vry van oortollige karwagte, rondlopers en verkopers wat maak dat mens te bang is om uit jou voertuig te klim - hou dit asseblief so. Maar die mense is gaaf en die atmosfeer rustig. Sou graag meer wou sien van die riviere en omgewing waarvoor Dullstroom bekend is. Ons vang nie vis nie, maar wat van 'n besigtingstoer? Die pad Tonteldoos toe was 'n riller met niks anders as een koffiewinkeltjie nie. "
"Not for holiday but as a stop over or if you have an event to attend in the area."
"Baie mooi dorp met vriendelike mense. Die uitsig oor Dullstroom en die lekker winkels sal maak dat enige mens daar wil bly."