Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1509 reviews.
Machadodorp, Highlands Meander
The Grey's Inn"Very interesting unknown stone ruins worth visiting. "
"Dis 'n fantastiese dorpie en ons het dit vreeslik geniet om daar rond te loop en orals te eet! So mooi en skoon!"
"Oulike dorp - mense baie vriendlik en verskeidenheid eetplekke en winkeltjies om mens besig te hou."
"I suggest a relaxed stroll along the main road to enjoy the atmosphere and shopping."
"Dullstroom is 'n interessante dorp om oor 'n paar dae te verken. Daar is lekker eetplekke. En heelwat in die omgewing om te doen."
"Oor algemeen 'n baie aangename toeristebestemming, daar moet miskien net gedink word om meer eetplekke na 17:00 oop te hou."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Sal sê hulle moet meer toeriste-aantreklikhede daar aanbring, want op die staduim is dit net 'n dorpie en dit het nie veel aantrekkingskrag nie. Vind geen baat daar nie. "
"Dullstroom bly 'n gesogte bestemming vir landelike wegbreke. Baie om te doen in die omtrek en heerlike restaurante en winkeltjies in die dorp."
Kwena Valley, Highlands Meander
Klipfontein Bushcamp"Baie mooi omgewing, maar die R36 is uitmekaar gery deur swaar steenkoolvragmotors. Daar is meer slaggate as teerpad."
"Dullstroom as dorp het in die afgelope agt jaar baie agteruitgegaan, maar dit bly steeds 'n goeie bestemming vir 'n vinnige wegbreek."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Very small town. Battled to find self-catering items."
"My man se skouersak en ons sak met die verkyker en voëlboeke is in Dullstroom uit ons voertuig gesteel. Het die naweek andersins baie geniet en sal dit regtig aanbeveel. "
"Oulike dorpie, baie skoon en wonderlike winkels en restaurante. Nie veel om te doen anders as om te ontspan, uit te eet en inkopies te doen nie. Ideal vir 1 of 2 aande."
"Lekker eetplekke en verblyf. Die pad vanaf Dullstroom na The Valley of the Rainbow is baie sleg. Gelukkig het ons 'n 4x4 gery."
"Ongelukkig maak baie koffiewinkels, eetplekke, ens. al 17:00 toe. Ons was ongelukkig net een dag daar."
Waterval Boven, Highlands Meander
Shamrock Arms Guest Lodge"Baie gerieflike oornagplek op pad na die Krugerwildtuin, asook Mosambiek."
"Dit is ongelooflik mooi. Die paaie is nie die beste nie, veral nie as jy van Groblersdal se kant kom nie, maar elke oomblik die moeite werd. Ons gaan beslis weer en weer en weer."
"Baie om te doen en te sien, maar as jy wil wegvlug van 'n gedrang van mense is dit egter nie die plek vir jou nie."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Dis net jammer dat die dorpie se strate uitmekaar val. Sal beslis teruggaan om die klip sirkels te besoek. Dis 'n onbekende toeriste attraksie wat fasineer. Die tolhek by Machado is baie duur."