Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1509 reviews.
"Meeste winkels was toe. Pryse onsaglik hoog vir kwaliteit van goed. Geen besienswaardighede nie. The Clock shop was enigste winkel wat iets beteken het en waarde vir jou geld kry. Mr Simpson, Mayfly, Waffel & Co se kos is goeie kwalitet. Harries het uit hulle pad gegaan om diabetiese pannekoek te maak vir 2 senior burgers, baie dankie. Fatima's was'n teleurstelling. Seattle coffee - julle bly bo baas. Anvil Ale House and brewery - wat 'n goeie diens, baie dankie."
"Dullstroom is 'n klein "gem" en definitief 'n plek wat besoek moet word, orals waar ons ingegaan het, was ons vriendelik ontvang."
"Nie te ver van Pretoria af nie en altyd lekker om hier te kom kuier en te rus. Die dorpie is klein, maar het alles wat jy sou nodig kry. Jaarlikse instelling vir ons om hier te kom draai."
Waterval Boven, Highlands Meander
Shamrock Arms Guest Lodge"Soos vele klein plekkies oral oor die land, het Waterval Boven agteruitgegaan, veral nadat die spoorweg gekwyn het. Daar is wel tekens dat huise opgeknap word, dus dalk nuwe inwoners wat intrek. Hier is pragtige landskappe en interessante plekkies om te besoek, soos Krugerhof in Waterval-Onder. As jy die ou NZASM-tonnel en Elandsrivier-waterval besoek, doen dit in 'n groter groep vir eie veiligheid - en wees bedag op 'n gids wat slegs jou geld wil hê."
"Baie lekker rustige naweekwegbreek. Lekker restaurante en winkeltjies om deur te loop!"
"We love going to Dullstroom for a weekend, nothing "dull" about it, always a great experience and lots of friendly people and great restaurants."
"Net jammer dat die paaie in 'n toestand is en die dorpie self is vuil a.g.v. geen dienste."
"Dullstroom is 'n wonderlike wegbreek uit die stad en altyd lekker om by te kuier."
"Ongelukkig het beurtkrag gemaak dat ons nie behoorlik kon rondsnuffel in die winkeltjies nie."
"Heerlike dorp om in te kuier. Vriendelike inwoners. Baie om te doen en te sien! Naweek heeltemal te kort."