Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1509 reviews.
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Alhoewel dit 'n baie ou dorpie is, is daar steeds in en om die omgewing plekke wat die moeite werd is om na te gaan kyk en sommer net lekker te ontspan en rus."
"Pragtige, skoon, veilige dorpie. Elke restaurant bedien heerlike kos en die personeel is vriendelik. "
"Dullstroom is 'n lekker naweek-wegbreek nie te vêr uit Jhb nie. Heerlike eetplekkies, pubs en restaurante. Groot aanhanger van Anvil Brouery se bier en die Koffie Roastery langsaan."
Waterval-Onder, Highlands Meander
Zongororo Mountain Lodge"Dis my tweede besoek in 'n maand, en ek is crazy oor die plek! Het ook Kaapsehoop ontdek wat 'n groot aantrekkingskrag is vir Waterval-Onder, veral toe ek ontdek een van die gastehuise is presies my naam. Wilde perde is amazing. "
"Dit is 'n fantastiese plek om tyd by deur te bring. Baie geskiedenis en plekke om te sien met baie interessante eetplekke."
"Wonderlike dorpie, maar die paaie daarheen is 'n nagmerrie!"
"Dullstroom is 'n wonderlike dorp. As jy mal is oor Clarens of Parys dan sal jy ook baie van Dullstroom hou."
Machadodorp, Highlands Meander
206 Kloppenheim Country Estate"Was nie in Machadodorp nie - was wel Dullstroom toe vir 'n dag en dit is pragtig daar."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met baie om te doen. Genoeg plekke om te eet en te drink."
"Dullstroom is 'n pragtige dorpie om te besoek en net eenvoudig uit te span en weg te kom van die stad. Dit is lekker om deur die winkeltjies te kon loop en kyk wat alles beskikbaar is. Dit was wel besiger as wat ek gedink het dit sou wees. Dit is seker weens die vertoning wat by die dam was. Die "Birds of pray center" was werklik 'n wonderlike ervaring en baie leersaam om 'n inligtingsessie by te woon met 'n lewendige vertoning van die geselekteerde voëls. "
"Klein dorpie wat maar besig is om sy karakter te verloor - baie winkels toe, maar steeds die moeite werk om vir 'n dag te gaan rondloop en rus."
"Dullstroom is nog een van daai ongeskonde dorpies met skoon strate en vriendelike mense."
"Gaan eet beslis by Pickles & Things Bistro - die diens is vriendelik en kos uitmuntend. lieflike en vriendelike dorpie."