Verified Reviews
Hoedspruit
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hoedspruit
Rated 4.6 out of 5 based on 417 reviews.
"Ek en my man hou van die berge in die omgewing. Hy kan nie genoeg kry van die berge nie, hy bewonder die natuurskoon baie. En daar is soveel dinge om te besoek in die omgewing dat een dag vir alles net te kort sal wees."
"Hoedspruit is 'n pragtige dorp, weggesteek tussen die bome, lekker klimaat, en heerlike eetplekke, veral Sleepers se kos en atmosfeer is onverbeterlik. Sal weer en weer teruggaan."
"Ek glo daar is genoeg om te doen en te sien in Hoedspruit. Ons was ongelukkig net vir 2 dae by Ngama Lodge en het verkies om nie rond te ry vir besigtiging nie. "
"Lewendige plekkie baie toeriste en oulike winkels. Die mense is vriendelik en daar is baie eetplekke. Naby die Krugerwildtuin se Orpen hek. Naby Swadini Vakansieoord."
"Die area is baie mooi, en interessant. Daar is baie om te doen en te sien. Die enigste negatiewe kommentaar wat ek het, is die toestand van die paaie. Die slaggate sal my twee keer laat dink voordat ons sommer sal teruggaan."
"Pragtige omgewing en naby al Limpopo se besienswaardighede en nie te ver van Krugerwildtuin af nie."
"Ons was baie verras oor die netheid, goeie strate en al die besighede wat in Hoedspruit is. Sal verseker volgende keer ons inkopies in Hoedspruit doen voor ons by die Orpen hek van die wildtuin ingaan in plaas van op Lydenburgh."
"Deurdat dit grens aan die wildtuin, die Blyderivierdam en besondere mooi natuurtonele, gaan Hoedspruit baie groei as toeristebestemming."
"Hoedspruit is 'n baie klein dorpie. Perfekte plek om weg te breek van die besige lewe."
"Hoedspruit is in 'n pragtige omgewing en is naby aan Blyderivier Canyon waar ons die Drie Rondawels besoek het, sowel as die Echo Grotte."
"Hoedspruit offers loads to do, we especially enjoyed meeting Jessica the Hippo."
"Hoedspruit itself is fine. The Airport space however needs to have more shopping and other amenities available. This will result in some local airlines coming and make travelling there competitive for South Africans and international travellers."
"Veral buitelanders of plaaslike toeriste wat nie die gedrang in die Nasionale Kruger Wildtuinh-kampe soek nie, sal hier rus en stilte vind sonder dat dit te afgesonderd is met steeds die volwaardige bosveldatmosfeer."
"Hoedspruit is a beautiful place, although the weather is unpredictable and very hot."
"Die winkels en toeriste winkeltjies was baie oulik en ons kon alles hier kry wat ons nodig gehad het. "