Verified Reviews
Jacobsdal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jacobsdal
Rated 3.4 out of 5 based on 23 reviews.
"Dis 'n tipiese plattelandse dorp met 'n paar klein winkels en besienswaardighede soos die blokhuis en NG Kerk, wat jy van buite af kan bewonder."
"Restaurant waar ons geëet het die aand was baie puik, bediening goed, personeel baie behulpsaam, kos was baie goed."
"Heelwat te sien en te beleef in en om die dorp. Die NG Kerk het interessante geskiedenis met die ABO. Landsicht se wyne is beslis die moeite werd. Daar is verskeie ABO-slagvelde. Magersfontein — hou ten minste 'n hele oggend of meer daarvoor oop."
"There was a little restaurant down the road which, although rustic, provided good food."
"Ek is jammer dat ons nie toeriste-inligting besoek het nie, dit sou die besoek waarskynlik meer sinvol gemaak het."
"As jy afdraai van die N12 is die pad na Jacobsdal baie sleg. Daar is baie slaggate op die pad. In Jacobsdal is daar nie veel om te sien nie, die prys van vleis by die slaghuis was baie bekostigbaar."
"Dit is so jammer dat die Landzicht Wynkelder toegemaak het. Dit was altyd 'n landmerk en besienswaardigheid in Jacobsdal. Die plek was vervalle toe ons dit gaan besoek het. "
"Met wonderful people at Spar (Jannie and his staff). Beautiful church. Must return for some photo's."
"Vir die persone wat belangstel in geskiedenis is daar heelwat besoekpunte. Die inwoners is vriendelik en gesellig. Spar se ure wat dit oop is vir besigheid oor 'n naweek is ook gerieflik."
"Die begraafplaas in Jacobsdal is besonders - veral die bome en struike."
"Daar is 'n gawe Spar vir voorrade. Die dorp se strate is in 'n haglike toestand."