Verified Reviews
Kaapsehoop
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kaapsehoop
Rated 4.7 out of 5 based on 347 reviews.
"Baie spesiale plek. Spesiale geskiedenis. Wilde perde. Goeie staproetes (kort), en 'n hansgat bobbejaan. Sal altyd teruggekeer soontoe."
"Wonderlike, klein dorpie met pragtige natuurskoon en waterval. Een van ons gunsteling klein dorpies."
"Klein dorpie, interessante mense, goeie kos, tyd staan stil. Sal weer en weer teruggaan."
"Moenie Kaapschehoop toe gaan as jy Dullstroom of Clarens verwag nie. Dis klein en privaat sonder horde winkels en eet- of drinkplekke. Bohemian Groove is 'n wonderlikke eetplek en Salvador se drankies is baie goed geprys. Gaan Kaapschehoop toe met 'n dik boek, stapstewels en baie rooiwyn."
"Pragtig dorpie. Verseker 'n plek om te besoek. Sal graag meer as een aand wou bly."
"Kaapsehoop is pragtig en ek sal dit enige tyd aanbeveel. Maak net seker van die plek waar jy tuis gaan."
"Kaapsehoop was fantasties, klein dorpie met rustige atmosfeer, staproetes met mooi uitsigte, vriedelike mense en baie lekker kos."
"Die restaurant in die dorp is perkfek en loopafstand van die kothuis. Baie romanties, heerlike kos en sal dit aanbeveel vir enigeen."