Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 2314 reviews.
"God se skepping op sy beste, sal altyd weer gaan, dit verander 'n mense se denke - was my eerste besoek en beplan weer om te kom!"
"Daar is baie te sien in die omgewing en mens kan gerus Keimoes as jou basis kies om rond te ry na die verskillende besienswaardighede."
"As jy wil weghol uit die stad se besige strate is dit net die plek om heen te gaan."
"Het net oorgeslaap, dus nie tyd gehad om dorp te besoek nie."
"Dorp oor algemeen mooi. Baie druk verkeer in sentrale dorpsgebied op Vrydagmiddag."
" I think its excellent. However, temperatures can rise to above 44°C in summer - so take water and sunscreen! "
"Upington self miskien nie as toeriste bestemming nie, maar is gerieflik geleë vir omliggende plekke soos Keimoes, ens. Dit bied al die normale geriewe en funksies soos groot winkels en ander besighede wat nie geredelik beskikbaar is in die omliggende kleiner plekke soos Kakamas en Keimoes nie."
"Augrabies is definitely a tourist destination for the people who are nature lovers. "
"Die watervalle is asemrowend en die rotse het 'n eie bekoring. Die besigtingspaadjies is netjies en veilig en gee die geesdriftige fotograaf baie geleentheid om hom ten volle uit te leef. Om die dassies langs die paadjie van so naby te kon sien was 'n belewenis van sy eie. "
"Weereens mense baie vriendelik in straat, Flora Park is ook baie skoon."
"Ons dink maar aan Keimoes en Upington as een. Dit is 'n pragtige omgewing en daar is regtig baie om te sien en te ondervind in die omtes van die Garieprivier. Hoewel dit kokend warm is in die somer, was dit nog altyd lekker om daar te kom."