Verified Reviews
Kalk Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalk Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 47 reviews.
"Puik vir uiteet/rondstap. Moeilike bestemming om klein kinders besig te hou, nie alles is so kind-vriendelik ingerig nie."
"Lekker restaurante en interessante winkeltjies en galerye. Interessante oorspronklike argitektuur."
"Kalkbaai is 'n pragtige plek en ons het die drie dae daar geniet! Great atmosfeer en gasvryheid."
"Kalkbaai is die Kaap se Dullstroom. Hordes klein winkels en dié lekkerste restaurante. Super veilige plek om in aande ook rond te loop. Ons bly nooit meer op 'n ander plek as in Kalkbaai nie."
"Mens is bederf met keuses van restaurante en ons het die heerlikste etes genuttig. Lekker besige plek."
"'n Heerlike plek met 'n wonderlike atmosfeer en aangename winkels en eetplekke."
"Kalkbaai is 'n wonderlike off-beat plek, met goeie restourante, maar ook die mees interessante ongewone winkels."
"Heerlik in die restaurante gekuier. Baie lekker atmosfeer en goeie kos. Probeer gerus Cape to Cuba en Brass Bell."