Geverifieerde Resensie
Kamieskroon
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kamieskroon bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 159 resensies.
"Baie sentraal geleë vir blommekyk, maar 'n baie klein, rustige dorpie met niks te doen, behalwe om die natuur in die omgewing te geniet nie."
"Kamieskroon is maklik bereikbaar vanaf die N7 en die mense is baie vriendelik. Daar is 'n Caltex-vulstasie en drie winkels. "
"Ek is mal oor Kamieskroon. Trouens my derde besoek! Wat pla? Niks. Weet net. As jy Kamieskroon oor 'n naweek besoek, weet dat jy aanpasbaar moet wees! Los jou huisgeite by jou huis en aanvaar dat die koffiewinkels toe gaan wees en dat brandstof dalk 'n probleem kan wees. Dalk anders in blommetyd. Nietemin, ek hou van die stilte en sal weer gaan kuier."
"Kamieskroon is 'n goeie beginpunt vir blomme kyk - maar moet "wyer" kyk as net blomkykers - dit is die naaste dorp buiten Springbok waar reisigers kan oornag voordat hulle verder reis. "
"Very scenic area and a must during the flower season with a selection of routes to explore in the vicinity plus Namaqua National Park next door, so to speak."
"Van die dorp af kan 'n mens in alle rigtings ry vir blomme. Het nie wonderlike eetplekke nie."
"On a previous visit some years ago there was no petrol available in the town. A new looking Agrimark is there now together with a fuel station. The town is very conveniently situated for flower tourism and is in the middle of spectacular mountain scenery."
"Ons kan Kamieskroon aanbeveel as 'n oornagstop enige tyd van die jaar, maar 'n aantal dae kan deurgebring word tydens die voorjaarsblomme natuurvertoning elke Augustus/September. Die Kliphuis Kombuis kan ons baie aanbeveel. Hulle ontbyt en aandetes is baie sorgvuldig voorberei en smaak baie lekker op die tong. Sors, in die kroeg, is 'n gesellige ou en kan lekker gesels."
"Kamieskroon is baie sentraal geleë, ons kon maklik na die Namakwaland natuur reservaat, Leliefontein, Springbok en Gamoep natuur reservaat ry, wat almal min of meer tussen 10 - 50 km weg was, dit was veilig, die rit is prentjiemooi."
"Die mense is vriendelik en behulpsaam. Besoek gerus die koffiewinkel. Jy kry meer as net kliëntediens daar."