Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Een van die mooiste Kaapse dorpe, veral met die Swartbergpas in die nabye ongewing en al die besienswaardighede."
"Ek was regtig verbaas. Ou huise, maar so mooi onderhou en lyk nie verlate nie. Mooi winkeltjies om deur te stap, lekker eetplekkies. Camdeboo Nasionalepark is baie mooi om te sien, die moeite werd vir natuurliefhebbers."
"Indien die stil, rustige Karoo met mooi landskappe jou ding is, is dit net die plek."
"Baie intieme en kreatiewe klein dorpie wat baie het om te bied en die mense is gasvry verby."
"Omdat ons altyd net daardeur ry besef 'n mens nie hoe 'n wonderlike omgewing dit is met die pragtige sterrenagte, stilte en skoon lug nie."
"Dis 'n moet stop vir toerisme-ervaring. Die grootheid van die dam dui op uitmuntende ingenieurswerk."
"Die museums is iets om ook te besoek terwyl mens daar oornag. Dit is baie interessant. Pioneers restaurant is ook baie lekker met ongelooflike kos en baie goeie diens. Dit kan ons regtig aanbeveel."
"Graaff-Reinet is so vol kultuur. mens sien uit daarna om die dorp te besoek. Vir myself is die vetplantkwekery die wonderlikste ding op aarde."