Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Ons ry al vir baie jare deur Beaufort-Wes en al het hulle baie duur geword, bly die Karoo Nasionale Park maar nog die beste plek om te bly en as jy net wil oorslaap, kan ons Little Green World met lof aanbeveel."
"Dit was beslis die 3 dae se oorslaap werd. Ek vertel reeds vir almal wat wil luister hoe 'n heerlike vakansie-ervaring dit was. "
"Venterstad is 'n rustige klein Karoodorpie, maar dit is baie naby die Gariepdam. Die Gariepdam-damwaltoer is verseker die moeite werd. "
"Good area for bird lovers to visit al lot of Karoo specials. It can be located here quite easily in the village as well as in the adjoining Rolfontein nature reserve. Lots of water sport activities available on the dam."
"Klein plekkie so daar gaan nie veel aan nie, maar ons was bevoorreg om baie oulike mense te onmoet. Ek kan Royal Beauty aanbeveel en Lizette's Nails - twee besonderse aangename dames."
"Belfry Kitchen by Tweeriviere, Joubertina is voorwaar 'n aantrekkingskrag vir toeriste. So ook die buiteklub se restaurant - die kos en bediening is baie goed."
"Ek was geskok om te sien hoe baie gemors, papiere en sakke al om die dorp was. Dit het my vreeslik afgesit."
"Dit lyk wel of daar moeite gemaak word om die geboue in die dorp op te knap. In sekere dele van die dorp en net buite Victoria-Wes is dit egter ongelooflik vuil met vullis wat die hele wêreld vol gestrooi lê."
"Die dorpie is 'n goeie oornagbestemming op jou reis Kaap toe en die mense doen moeite om hul dorpie skoon en mooi te maak. "
"Dit is baie stil en rustig in die Karoo. Die mooi helder sterre is 'n belewenis in die Karoo. Sal dit verseker aanbeveel."
"Beeldskone dorpie. Goeie mense en geselskap in en om die dorp. Die geriewe is skoon en daar is 'n groot mall vir die nodige."
"It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!"