Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Ons het ons besoek aan die dorpie baie geniet. My vrou het Sondag siek geword. Geen probleem om 'n dokter te vind nie. Hy het dan ook die apteker gevra om die voorskrif vir ons voor te berei. Wat meer wil jy hê? 'n Rit teen Swartbergpas uit is natuurlik 'n moet."
"Aanwysings op die dorp kan verbeter word sodat reisigers presies weet waar om af te draai na die verskeie oornaggeriewe."
"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"
"Almal is so gasvry en baie besondere ontdekkings kan op die dorp gemaak word: kuns, kos, wyn, mark en vele meer. Waar sal jy nog 'n dorp met sy eie app (toepassing) kry."
"Slaap gewoonlik net oor in Victoria-Wes. Weet nie rerig wat mens kan sê vir dit as 'n 'toersitebestemming' nie. Die skaap daar is wel altyd uit die boonste rakke! Liplek-lekker!"
"Hoofstraat is baie besig en lawaaierig. Daarom by Aandblom gebly. Sal graag die Karoo park wil besoek."
"Behalwe vir die Spur is daar geen ander eetplekke nie. Deur die dag voel jy nie veilig in die strate nie want daar is BAIE mense wat net rondloop. Maak jou baie baie ongemaklik."
"Colesberg het seker maar sy mooi in die niksheid om hom. Dis altyd vir my so asof die stilte mens begeester en die kilheid van die winteraande maar net nie onder mens se vel kan uitbly nie."
"A.g.v. Bakgat sal ons nou altyd hier kom oorslaap. Hier is 'n paar goeie kos-opsies."
"The restuarants are wonderful. Peaceful atmosphere. The dairy is well worth a visit and their cheeses good. 'John Donkey's' trip to Die Hel was well worth it although I suggest that travelers with him take their own picnic for lunch. "
"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"
"Baie mooi, dit was nogal hartseer om te sien hoe leeg die dam is. Maar dit bly nog pragtig."
"Beaufort-Wes was baie aangenaam gewees. Ons kon ook die Karoo Nasionale Park gaan besigtig, aangesien dit lekker naby was."