Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Ek dink ek sal maklik daar kan bly, baie rustig. Dit is 'n pragtige plattelandse plekkie."
"Ons het die plaaslike museum besoek, foto's van die historiese geboue geneem en koffie in 'n oulike winkeltjie gedrink. Daar is baie mense wat swaarkry en bedel op straat. Ek sou nie graag in die aand die dorp besoek nie. "
"Pragtige plekkie met sout van die aarde mense, so gasvry en vriendelik en baie behulpsaam."
"Ons het slegs twee dae vertoef en gevolglik nie by al die bestemmings uitgekom nie. Daar is heelwat museums en ander besienswaardighede."
"Dis 'n wereld wat mens eers leer ken as jy uit jou motor klim en in die veld inloop om die uniekheid van die streek te ontdek."
"Victoria Wes is die perfekte rusplek tussen die noorde en die suide: rustige Karoodorp met die blouste lug bedags en die pragtige sterrehemel saans. Hier moet mens eintlik langer as net een aand oorbly."
"Daar is nie baie om te doen in Loxton nie, maar dit is 'n baie mooi dorp in die Karoo. Jy kan lekker rus en die Karoo op sy beste ervaar. "
"Baie mooi plattelandse dorpie met die berge in die agtergrond. Het baie potensiaal. Heelwat klassieke ou geboue wat vra om gerestoureer te word."
"Indien moontlik, bly een dag langer as wat jy aanvanklik beplan het - daar is baie om te sien en doen."
"Heerlike bestemming met baie doendinge! Jy moet meer as 2 dae hier spandeer om alles te sien en ervaar. Dit was baie lekker!"
"Ek dink Beaufort-Wes se gemeenskap behou hulle erfenis mooi en hulle is toegespits op die toeristebedryf en om besoekers welkom te laat voel."
"Daar is baie om te doen om die natuurliefhebber besig te hou. As jy hou van wild, voëls, visvang, water, sterre en klein, stil dorpe, is dit 'n ideale omgewing. "
"Nogal interessant as mens bietjie rondry en loop om al die oudhede en geboue te besigtig."