Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Prins Albert is 'n pragtige dorpie met allerlei interessanthede. Ons het te min tyd gehad om dit te voet te verken, en het net hier en daar ingeloer. Die Swartbergpas is 'n moet - mits jy nie haastig is of aan hoogtevrees ly nie. "
"Pragtige plek, gaan volgende keer eers 'n paar dae daar oorbly voor ons verder gaan Kaap toe. "
"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."
"Maklik om te kry van hoofweg af. Stil en veilig. Kan in die veld gaan stap. Kyk skape wat wei baie rustig. Dammetjie om in af te koel. "
"Daar is 'n paar unieke plekkies eie aan Beaufort-Wes, maar ons het verkies om die vrede van ons selfsorgplekkie te geniet en het die plaaslike supermark ondersteun. Omdat dit so laat donker word, het ons daarna besluit om bietjie in die woonbuurt rond te ry en ons omgewing te verken. Ons was verras. Daar is baie huise met lowergroen grasperke in die versengende hitte van die droogte wat tans daar heers. Daar is ook duidelike spore van n jonger generasie wat hulle daar vestig - dit was veral sigbaar in die opknapping van ouer huise in meer moderne style. Die tronk in die middel van die sirkel, in die middel van die pad wat regdeur die dorp loop, was nogal 'n rariteit."
"Nieu-Bethesda is 'n eksentrieke dorpie met baie om te sien, as jy bereid is om daarvoor te soek. Ek dink nie iemand wat hou van adrenalien-gedrewe aktiwiteite op 'n vakansie sal dit so baie geniet nie, maar as jy 'n waardering het vir eienaardighede en dorpies wat in 'n middag plat gestap kan word, kan jy gerus 'n draai maak in Nieu-Bethesda. "
"In die omgewing baie te ervaar soos die historiese geboue en dan die Vallei van Verlatenheid. Beslis 'n plek vir meer as oornag."