Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Baie vriendelike mense, en hope om te doen. Beslis 'n dorpie om na terug te gaan."
"Wat 'n lieflike, hartlike gemeenskap. Ek gaan verseker einde Oktober die boekefees bywoon!"
"Nieu- Bethesda word nie vir jou gegee op 'n skinkbord nie - jy moet soek en grou om regtig die mense en die energie te ervaar. Daar is beslis meer as net die Uilhuis. Gaan en ontdek."
"Die dorpie verdien werklik 'n tweede kans t.o.v. werkskeppingsgeleenthede en investering."
"Prins Albert is werklik die moeite werd om self drie nagte te spandeer, ons het die aandmark bygewoon en daar geëet - danksy Megan wat ons ingelig het - en sommer deel geword van die permanente inwoners. Die atmosfeer en die samehorigheid was heerlik vir stadsjapies om te ervaar. Ons het ook die Amanda Strydom vertoning bygewoon in die pragtige teater! Voorstel - besoek die dorp oor 'n naweek sodat jy die oggend- en aandmark kan meemaak. Die inligtingsburo is behulpsaam en die karate heel skaflik. "
"In Beaufort is 'n heerlike tuisnywerheid met allerlei lekkernye. Het heerlike bobotie asook lekker appeltert, custard slice en caramel horinkies gehad. Tessie se tuisnywerheid, het deelgeneem aan Kokkedoor 2014. Kan dit beslis aanbeveel."
"Ons het absoluut verlief geraak op die dorpie, en daarom byna nie lus om die dorp te "adverteer" nie. Dit sou so jammer wees as die karakter van die plekkie sou verander. Ons het die dam buite die dorp besoek, en stel voor dat die brosjure aangepas word, aangesien die pad daarheen beslis nie deur 'n gewone motor bereik sal kan word nie. Daar is ook geen aanwysingsborde binne die Cape Nature gebied nie."
"Het dit baie geniet, onthou net dis platteland, die strate word defs na sekere tye opgerol en gebêre."
"Het ongelukkig te laat daar aangekom om Hanover te besigtig, maar ek sal beslis weer daar aangaan."
"'n Groot gerieflike dorp waar mens alles kan kry wat jy moontlik nodig sou vind."
"What a wonderful bunch of people! We only visit De Rust twice a year during Meiringspoort Race in October and Meiringspoort Trail Run in May but every time I am stunned at how they go out of their way to make visitors feel welcome. Their "basaars" with food stalls are amazing and the atmosphere is out of this world. "
"Ons het Saterdagoggend heerlik in die winkels rondgedwaal en lekker mooi goed gekoop, baie beslis aanbeveelbaar."
"Baie historiese besienswaardigheid. Sal graag weer Graaff-Reinet wil besoek en in een van die kothuise bly."
"'n Baie rustige dorp en die inwoners is baie vriendelik. Sal definitief weer daar 'n draai maak."
"Julle moet die heerlikste appeltert in die land gaan eet by Lazy Lizard en gaan maak ook 'n draai by die kwekery. "
"A beautiful little town. I have been travelling through Colesberg for many years (night time) and am sorry that I never thought of going through the town. But I can assure you that since my recent stay there, it definitely won't be the last that Crane Cottage sees us. Thank you again."
"We have stayed at New Holme which is close by and preferred it. More expensive. Younger more suited to family. "