Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Vrek mooi dorpie! Sal verseker weer eendag kom kuier! Baie interessante, geskiedkundige dorpie!"
"Ek was verras met die dorp se netjiese en skoon strate. Tyd het ontbreek om meer van die dorp te besigtig."
"De Rust is voorwaar 'n skilderagtige dorpie in 'n lieflike, interessante omgewing."
"Die dorpie is nie sleg nie, en 'n goeie oorslaap vir moeë reisigers. Van die beter dorpe waardeur ons gereis het vanaf Pretoria, Kimberley oor."
"As halfpad merk tussen Gauteng en die Wes-Kaap is dit 'n gerieflike ligging om te rus."
"Baie mooi en rustig, maar meer vir boot en vissermanne as jy lank wil bly."
"Die dorp het egter slaghuise met die heerlikste vleis en 'n Spar wat goed toegerus is en in ons behoeftes kon voorsien. Heerlike vriendelike mense maak die ervaring soveel lekkerder."
"Ons het by 'n oulike restaurant gaan eet, met die naam Die Nektarine, ek moet sê dis oulik, lekker daar geëet."
" It is very nice small town with very friendly people, but it is very small. It is a nice place to rest half way, but would not recommend staying for longer than two nights in a row."
"Het 'n gunsteling plek vir oorbly geword te danke aan stil en veilige gastehuise net af van die hoofpad (N1). Pas ons goed, veral met Johannesburg na Kaapstad reis."
"We battled to find a place to eat and the restaurant we finally ate at (the art centre on 6 December 2014) had a choice of 2 meals and both were not good and overpriced! Didn't think we would have a problem in December with food! "
"Die Bordeaux restaurant in Colesberg se hoofstraat is hoogs aan te beveel: billike pryse, porsies is groot, diens is vriendelik en die atmosfeer is heerlik ontspanne."
"Baie netjies, skoon en veilig. Baie om te doen ook baie stil. Ons het heerlik gekuier en sal definitief ons vriende vertel van Prins Albert. Die Showroom was 'n groot verassing en ons was baie gelukkig om 'n Jak de Prieter vertoning daar te sien."