Verified Reviews
Kirkwood
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kirkwood
Rated 3.9 out of 5 based on 27 reviews.
"Die paaie het opgradering nodig, daar is 'n tekort aan meer winkelsentrums insluitend slaghuise. Verblyfkoste is redelik, baie gastehuise is loopafstand. Ek het gaan draf die oggend tot by Look Out en het redelik veilig gevoel. Hulle moet net sypaadjies aan bring vir voetgangers veral soos jy uit Kirkwood gaan."
"Ideal for business or short visits, although the surroundings are so inviting. "
"If you want to have a native accommodation within a typical citrus-farm: this would be the best decision. "
"Kirkwood het beslis meer om te bied as wat mens op die oog af sien, die mense is vriendelik en ons sou graag meer wou sien van Kirkwood en die omgewing."
"Moontlikhede, veral wat betref die toegang tot die Addo. By nadere ondersoek het ons wel bewus geword van alternatiewe uitstekende verblyf."
"Vra die inwoners uit oor die gebied en besoek die plekke! Baie mooi omgewing!"
"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "
"Die ou dorpie het vreeslik agteruit gegaan. Die toestand van die paaie is skokkend. Maar dit bly 'n mooi en rustige dorpie."