Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1958 resensies.
"Meringspoort is 'n belewenis met sy konstruksie en fasiliteite vir besoekers en veral die padgebruikers. Baie goed gedoen, Wes-Kaap Regering Paaie-afdeling."
"Pragtige dorpie wat ek al baie dekades lank ken van deurry, maar verlede jaar vir die eerste keer oornag het. Hartlike mense en pragtige natuurskoon."
"Ons het spesifiek vir die KKNK gaan kuier in Oudtshoorn. Daar is wel 'n paar plekke wat besienswaardig is, maar behoort nie meer as 2 dae te neem om meeste daarvan te sien nie. Ek sal wel Oudtshoorn aanbeveel vir wegbreeknaweke wanneer mens se siel net moet rus. Die mense is baie vriendelik en verwelkomend. Rou Karoo restaurant en Ostrich emporium het ons baie geniet. Sien uit na volgende jaar se fees."
"Kangogrotte is 'n moet. Billik geprys. Volstruisplaas wat aanbeveel was, is nie die geld werd nie."
"Pragtige dorpie, net jammer oor die verval in die dorp. Slaggate en geen straatligte maak die baie moeilik om in die aande in Oudshoorn te ry."
"Die KKNK het heelwat van sy glorie verloor. Ek mis die feesatmosfeer van ouds. Miskien sal dit weer herstel van wat ek glo 'n COVID babelaas is."
"Pragtige dorpie wat werklik die plattelandse sjarme behou het. Ons het by die Spekbos restaurant aandete geneem en dit was uitstekend. Doen jouself 'n guns en stop in De Rust."
"Die munisipaliteit behoort beter ondersteunend tot 'n puik fees te wees. Die KKNK was puik."
"Ons het die KKNK baie geniet. Was net teleurgesteld in hoeveel sitplekke beskikbaar was by toneelstukke. Het op kort kennisgewing besluit om 'n vertoning te gaan kyk, maar Webtickets het gewys die kaartjies is uit. Dankbaar ons het tog gaan probeer, maar was verbaas om te sien ongeveer 1/3 van die sitplekke is leeg. Ons kom vir seker weer. Die Oudshoorn mense is so oop, warm, hulpvaardig en vriendelik."
"KKNK was heerlik en die dorpie is pragtig met heerlike restaurante."
"KKNK is 'n lekker bestemming vir die kunste en al die kuierplekke soos volstuisplase, wynmakers en Kangogrotte is maklik daarvan bereikbaar."
"Baie te doen en te sien in Oudshoorn. Nog meer tydens die kunstefees. Interessante bestemming."
"Moet nooit dink daar gaan niks by De Rust aan nie. As jy net wil ontspan en die rustigheid inasem, is jy welkom. Ons het egter 'n heerlike ondervinding op De Rustica by die olyfplaas gehad, het gaan perdry daar naby en dan is die wonderskone Meiringspoort en Swartbergpas 'n hanetree van jou af."
"Net oorgeslaap, maar al vantevore daar vakansie gehou. Pragtige dorp met vriendelike, hulpvaardige mense. Baie interessante winkels om in rond te loop."
"Oudtshoorn is well worth a visit with a number of attractions in and around the town."