Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"In Montagu is daar meer om te doen as wat dit op die oog af mag lyk. Bo en behalwe die warmwaterbronne is daar talle ontspanningsgeleenthede. Die groot en vol karavaanpark is 'n duidelike bewys dat talle mense al bewus is hiervan. Doen maar die navorsing."
"Oudtshoorn saam met die Klein Karoo hou altyd 'n bekoring in. Ai maar die kangogrotte is 'n telleurstelling. Wat het gebeur?"
"Vriendelike dorp en mense. Heerlik in die strate geloop en kuier. Pragtige berge."
"Gratis trekkerritte as jy Cape Dry Fruit besoek op ’n Saterdag- of Sondagoggend om 11:00."
"Such a beautiful little town, and extremely tidy and neat. We attended a Golf Day at the Montagu Golf Club, and the people were just so friendly and well mannered. Wish we could have stayed longer."
"Baie skoon dorpie, net jammer Covid het die toerismebedryf gekelder en sommige winkels moes sluit."
"’n Besoek aan Montagu is 'n moet - dit is een van die mooiste dorpies in die Klein Karoo. Die berge is asemrowend mooi en die varsheid van die omgewing het 'n kalmerende invloed op enige besoeker en inwoner."
"Ek sal beslis die spooktoer by Marcel aanbeveel! Sy is 'n fantastiese toergids! 10/10 vir haar!"
"Ons het pas 'n woning in Oudtshoorn gekoop. Oudtshoorn is skoon en hulle paaie is netjies."
"Net jammer die plek is nie langs die see nie, anders sou ek onmiddellik eiendom daar gekoop het vir ons aftrede."
"Mooi skoon dorpie, oulike eetplekkies! Ons kon kos bestel wat by ons afgelewer is, baie lekker en gerieflik."
"Interessante besienswaardighede in 'n mooi, baie skoon en netjiese dorp."
"Het self op 'n plaas in De Rust gebly. Als is nog net so mooi soos 'n paar jaar terug. Sal altyd terugkeer De Rust toe."
"Wow! Verrassende tuiste en dorpie. Geskiedenis ryk, soos onder andere Kanonkop se kanon. Droë vrugte! Ou geboue en oudhede."
"Lieflike Karoodorpie. Vriendelike mense en mooi en interessante toerisme-aantreklikhede. Het ook baie lekker by Jamima's Restaurant geëet."
"Plattelandse dorpie met lekker atmosfeer. Baie lekker eetplekkies en winkeltjies. Vriendelike mense."