Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1958 resensies.
"Ons is baie lief vir Oudtshoorn en bly vir elke geleentheid wat ons kry om die pragtige dorp te besoek."
"Dit was KKNK - dus was die dorp besig en ons het nie gekom vir die KKNK nie. Ons tyd was te kort om Wilgewandel High Gate of grotte te besoek. Maar Oudtshoorn bied baie."
"Montagu is absoluut 'n ongelooflike, pragtige, stunning, awesome dorp. Mooi skoon, mense is so vriendelik, so mooi groen, boomryk en so baie mooi historiese geboue en die natuurskoon is asemrowend. En die pragtigste restaurante en akkommodasie."
"Baie rustige dorp met goeie, vriendelike diens en goeie akkommokdasie en kos. Die dorp se infrastruktuur kort egter dringende aandag. Strate is in baie swak toestand."
"Montagu is 'n pragtige plek, maar ek sal beslis nie weer Montagu Springs toe gaan nie."
"Oudtshoorn het 'n spesiale plek in ons hart, hoewel ons nie daar sal wil woon nie weens die somertemperatuur. Die afgelope naweek was ek teleurgesteld oor hoe vuil die dorp is. Daar sal regtig 'n groot poging aangewend moet word van die stadsvaders om 'n kultuur te vestig om die dorp skoon en netjies te hou."
"Very friendly town, with pet-friendly restaurants in town, lots of history in this small town so worth a visit and stay over."
"Pragtig, veral die historiese deel. Country Hotel met sy Caddilac is ook 'n wenner!"
"De Rust bly maar 'n pragtige dorpie, en dis besonder mooi en stil nadat die son gesak het. Dit voel veilig en jy kan oral stap. Maak net seker jy het voorraad, want ons was verlore sonder enige broodjies of happies. Winkels maak vroeg toe en het bitter min voorraad. Grumpy Goat was 'n redder en die kos was besonder lekker. Ronel en Elize se pizzas is ook perfek vir die honger reisiger. Dankie vir al die inwoners wie ons bygestaan het met ons pap battery! Almal help vir almal daar!"
"A true gem an a definite place to re visit in the future. Ostrich farms are great, caves are a must!"