Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Oudshoorn is 'n baie lekker toeristebestemming. Die akkommodasie is net ongelooflik duur. Daar behoort pakkette te wees vir besoekers wat gereeld kom kuier bv. elke maand of so. Of die selfsorg-instansies kan spesiale aanbiedings bied aan gereelde besoekers wat hulle ondersteun."
"Puik plek om te besoek, baie te doen en te sien, eetplekke van te kies en te keur. Protea farm trekker en potjiekos is puik. Sal weer gaan."
"Munisipaliteit is besig met skoonmaakprojekte, daar is egter nog baie werk en vele strate met slaggate. Glo dit sal regkom met die reën wat nog moet kom. Drinkwater nie op standaard nie, koop eerder drinkwater vir veiligheid."
"Klein, rustige, plattelandse dorpie met geen groot winkelsentrums nie. Die nodigste goedere is wel beskikbaar. Verskeie besienswaardighede kan in die omgewing besoek word."
"A charming little village with beautiful views of the Swartberg and authentic old houses. "
"Pragtige dorp met baie om te doen. As hulle net die pad tussen De Rust en Oudtshoorn kan klaarkry!"
"Pragtige historiese dorpie. Burgerspas op pad soontoe is 'n lekker pad om te ry. "
"Eerste keer wat ek werklik daar rondbeweeg het. Baie lekker plek met vermaak in die omtrek."
"So baie om te sien jy het meer as net 2 dae nodig. Heerlike eetplekke en baie skoon dorp."
"Daar is 'n gedeelte van die bodorp wat ek nie toeriste aanbeveel nie, maar in die gedeelte van Aloe-Garden is dit veilig."
"Die Klein-Karoo het my beslis bekoor. Die plantegroei en veldblomme was beautiful. Dit is beslis 'n volgende besoek werd."
"Die dorp bied alles wat 'n vakansieganger nodig het. Genoeg om te doen in en om die dorp."
"Oudtshoorn is a charming bustling town packed with history, food, wine and culture. The surrounding areas are beautiful and unique. Well worth the visit."
"It is a very average town. We enjoyed the Protea Farm tractor ride. Potjiekos not fabulous."