Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Was daar vir rugby maar die seuns het die olifante en volstruise baie geniet. Toer was kort maar baie lekker."
"Die dorp het dadelik ons harte gesteel en ons kan nie wag om weer te kom kuier nie. Mense is vriendelik en behulpsaam en dorp is silwer skoon. Wat 'n plesier!"
"Daar is baie dinge om te doen en die klimaat is heerlik."
"Dorp is netjies en baie sentraal geleë. Om regtig waarde vir jou geld te kry sal 'n twee weke verblyf te kort wees want daar is so baie om te sien vir almal. Van historiese gedenkwaardighede tot eetplekkies ens. ens. ens. Ek sal weer 'n draai in Oudtshoorn maak."
"Dis 'n pragtige, rustige dorpie, waardeur die trokke en motors jaag. Dit sal hul almal goed doen om net 'n bietjie te stop en die rus en vrede in te drink."
"Daar is baie om te doen en daar is oulike plaaslike restaurante om by te eet. Die dorp is ook baie skoon en netjies."
"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
"Van hier af kan jy mooi die omgewing verken, soos Meiringspoort, Swartbergpas en Oudtshoorn. Dis baie mooi."
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
"Het die Kango-grotte baie geniet. Die mense was vriendelik en ons het die gids baie geniet."
"Pragtige dorp. Heerlike vleis. Mini-mark goed toegerus. Pragtige omgewing. Nie ver van besienswaardighede af nie."
"Verkeersbeamptes was hulpvaardig om 'n vreemdeling by sy regte bestemming te bring tydens KKNK. Die besoek aan Oudtshoorn was 'n aangename ervaring. "
"Oudtshoorn is die perfekte bestemming vir families met klein kinders. Ons was veral beïndruk met die natuurskoon en variasie van aktiwiteite in en om Oudtshoorn. Ons wou bietjie wegkom van die bekende vakansie dorpe en stede, en Oudtshoorn was 'n baie goeie keuse. "