Verified Reviews
Kleinbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 35 reviews.
"Ons het net 1 van die 4 nagte daar geslaap en toe uitgeklok en by Great White Shark Accommodation gaan inklok vir 3 nagte. Hulle was puik!"
"Kleinbaai is beautiful, our friends enjoyed the fishing on the harbour wall. We would definitely go back to Kleinbaai."
"Skoon, rustig, voel veilig, baie om te sien - die Shark Cage Dive bote launch van hier af."
"Die haaihokke is die grootste aantreklikheid, maar helaas, teen R2200 per persoon vir 'n swem saam met die haaie, nie vir almal beskore nie! Ons het 'n koffie en koek geniet by die pikkewyn rehabilitasie sentrum daar naby. Restaurante is volop en daar is mooi natuurskoon langs die kus."
"Die bes bewaarde geheim van vakansieplekke in SA, sal oor en oor teruggaan hierheen."
"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
"Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel."
"Kleinbaai is pragtige plek, die naby geleë restaurant (The Great White House) is 'n moet (probeer die Perlemoen!). Behalwe vir die haai- en walvisbootreise is daar nie veel om te doen in Kleinbaai self nie, maar as jy bereid is om te reis is die omliggende omgewing baie mooi."
"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"
"Kleinbaai is eintlik 'n bestemming vir Wit Haai-liefhebbers. Nie wonderlik nie."
"Baie oulike plek! As ou kampeerders op Gansbaai, is Kleinbaai en omgewing reeds baie goed aan ons bekend!"
"Dis 'n rustige plek met vriendelike mense. Daar is wandelpaaitjies al langs die see in Franskraal en orals bankies om op te sit. Skoon en netjiese dorp."