Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 617 reviews.
"Pragtige plek. Goed vir siel en liggaam. Miskien nog lekker restaurante waar 'n mens saans kan eet."
"Kleinmond is 'n klein dorp, met die grootste karakter. Kruip in 'n mens se hart in. Baie sentraal geleë en naby aan baie ander dorpe om te gaan besoek. Wonderlike area."
"Kleinmond is ‘n stil kusdorpie as jy deur sy hoofstraat ry buite seisoentye en ons het nie veel verwag toe ons besluit het om daar te gaan vakansie hou nie. Ons het egter vinnig besef dat sodra jy bietjie afwyk van die hoofpad af jy aangenaam verras sal wees met hope restaurante en besienswaardighede. Met groter stede soos Hermanus en die Strand binne ‘n 50 km radius is dit voorwaar ‘n ideale vakansiebestemming."
"I Love love love Kleinmond. My only holiday destination. People are friendly and everything is walking distance, the shops, beach, golf course and restaurants."
"Kleinmond is a nice little town for breaking away from a busy life. Beautiful mountains and oceans and friendly people. Perhaps a bit too quiet for young kids and teens but perfect for couples that just need to decompress "
"Kleinmond is 'n pragtige plattelandse dorp, het goeie eetplekke en die mense is baie vriendelik. Die strand en lagoon is fantasties mooi."
"Kleinmond, you never disappoint. From the scenery to the locals and the shop assistants, are all fantastic!"
"Na hierdie jaar se besoek is ek minder positief oor Kleinmond. Die wind het knaend elke dag gewaai en meeste dae baie sterk. Ek is 'n fietsryer en het 'n fiets saamgeneem, maar die wind het my fietsryery baie belemmer."
"Het 'n lang verbintenis met Kleinmond ─ vriendelike mense, altyd plek vir nog, heerlike weer. Ervaar die mooie natuur en net nog een van ons mooi land se pragtige kusstreke. Naby die stad en 'n besoek aan die omliggende dorpe is baie gemaklik binne 'n bestek van 20 tot 45 minute is jy waar jy wil wees. Daar is soveel besienswaardighede in die omgewing. Waarde vir geld, nee wat regtig 'n plek om te gaan vakansiehou."
"Ons het die kuswandelpad gestap. Dit was 'n heerlike uitstappie. Die uitsig is wonderskoon. Kleinmond kan ook die wandelpad beter bemark en veral aandui dat die wandelpad nog ver aangaan vanaf die hawe Kaap se kant toe."
"'n Pragtige skoon dorp met alles wat nodig is. Die natuurskoon is besonders."