Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 617 reviews.
"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
"Kleinmond is 'n lieflike vakansie bestemming. Pragtige strand en die hawe wat herskep is, is enige vakansie anger se droom. Dis 'n ideale familie vakansie bestemming."
"Ek dink Kleinmond is 'n rustige dorpie waarvandaan mens lekker kan uitry. Die omgewing bied toegang tot lieflike aktiwiteite en agterpaaie soos gholfbane, wynplase en padstalle. Ek sal byvoorbeeld eerder op Kleinmond gaan oorbly as Hermanus en Kleinmond as 'n sentrale uitrypunt gebruik. Ons het lekker gebly, die Spar is uitstekend toegerus en hier is baie om te doen. Die hoofstraat was heel naweek lekker stil. Saans kon ek op die stoep sit en vir die see luister. Dit is lieflik! "
"Dis regtig 'n mooi dorpie met mense wat jou tuis laat voel. Dis asof jy in 'n ander tydperk instap waneer jy daar is. Asemrowende dorp."
"Daar was meer rondlopers rondom die winkels as met ons vorige besoek in Kleinmond ."
"Dt is 'n baie mooi plek en sy mense is baie vriendlik. Sal enigetyd weer terug wil kom en ook ander huise besoek. "
"Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend."
"Dit is in die walvis-deel en naby Kaapstad (een en 'n half uur) met die mooiste natuurtonele denkbaar."
"'n Goeie naweek wegbreek vir individue uit die stad. Dorp is baie rustig met min lawaai of verkeer. 'n Paar oulike winkels in Harbour rd. Sal definitief weer 'n draai kom maak."
"There isn't a better place in the country to relax and to get a way from the world."