Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 617 reviews.
"Soek jy rustigheid en veiligheid is die beslis 'n plekkie om te ontdek, veral by die see gedeelte. Goeie staproetes. Waarlik 'n stukkie hemel."
"Kleinmond het net genoeg uitgebrei om te voorsien in al jou behoeftes maar het nog steeds daardie tipiese seedorp-atmosfeer."
"Besonder stil en rustige area met al die basiese noodsaaklikhede, ingeslote van die beste boekwinkels vir die boekliefhebbers!"
"Die staproetes en sout seelug is verslawend, daar is net te veel om te doen en te min tyd!"
"Verskeie besighede ongelukkig vroeg toe op 'n Saterdag. Pragtige, rustige kusdorp. Ongewenste rondlopers kan problematies raak. Dit moet fyn dopgehou en goed bestuur word."
"Although Kleinmond is a small town there is indeed much to do. We walked the beach trail up to the harbour. There is much to enjoy at the harbour, shops and something to eat. The nature reserve is another outing on its own. Then you can enjoy the sea and beach. Indeed a place worth the time to spend your leisure time and resources. Just enjoy the surroundings. It's just awesome!"
"Oulike wandelpad langs die see met opwindende fietsryroetes vir fietsry-entoesiaste. Die strandmeer bied ideale speelplek vir kleiner kinders. Ons sal die dorp en omgewing veral die natuurreservaat en wandelpaadjies langs die see graag verder wil verken."
"Lekker plekkie met mooi berge en strande binne bereik van wynplase, gholfbane en ander dorpe."
"Kleinmond a beautiful town, clean and no potholes, friendly people with amazing scenery. I love the ambience of this town."