Geverifieerde Resensie
Kleinzee
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinzee bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 41 resensies.
"Die see het opgemaak vir die grondpad. En die Kleinzee-gemeenskap het opgemaak vir enige ongerief. Ek het my naweek baie geniet. Beslis vir avonturiers aan te beveel, maar gemaksoekers moet maar twee keer dink. "
"Die atmosfeer was baie lekker. Die mense vriendelik. Die paaie is rof en die dorp is afgeleë, maar definitief die moeite werd om te besoek. Die see sand is wit en sag. Opvangs was maar vrot op plekke wat dit die perfekte vakansie bestemming maak. "
"Nie die mooiste plek onder die son nie. Die hang af hoekom jy daarnatoe wil gaan. Kleinzee gaan nie elke toeris se voorkeur bestemming wees nie."
"Daar is baie goed om te sien rondom Kleinsee, Portnolloth en Hondeklipbaai."