Verified Reviews
Kommetjie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kommetjie
Rated 4.6 out of 5 based on 86 reviews.
"The one restaurant we went to, Fisherman's, is also a lovely place to dine at. Nice vibe and big outside area for kids to play."
"Gehoor dis baie meer onveilig as gedink het. Ons het selfs 'n paar mannetjies sien rond staan en lyk asof hulle up to no good was. Dit is steeds mooi en ons het lekker gekuier, geëet en gestap daar. "
"An awesome place go visit with your beaches just minutes away. Breathtaking sights and friendly and helpful people in every store and eating place. I highly recommend as a destination you have to visit."
"Kommetjie is 'n wonderlike, rustige stranddorpie met heerlike koffiewinkels en eetplekkies. Jy kan lekker ver gaan stap op die strand of op die rotse naby die lighuis. Dis die ideale strand vir honde, almal is so gemaklik met honde op die strand en mense maak mooi skoon agter hulle eie honde, so dit was heerlik. Ligging gewys is dit 15 min van Kalkbaai of Simonstad, 25 min vanaf Steenberg waar heerlike wynplase is (in die Constantia Kloof) en 45 min van Kaapstad af wat vinnige stadskuiers of stap op Tafelberg baie maklik maak. Ons beveel beslis Kommetjie aan as 'n basis vir 'n lekker vakansie."
"Kommetjie was 'n lekker location en naby al die plekke wat ons wou besoek."
"Pragtige omgewing. Baie naby Muizenberg se swemstrand en Kalkbaai met sy pragtige winkeltjies en eetplekke. "
"The traffic between Sun Valley and Kommetjie was much heavier than we expected. Once we were in Kommetjie, though, we really enjoyed the beaches and the vibe."
"Klein keuse van restaurante, goeie diens en lekker kos by Fisherman's."
"Die bietjie wat ons van Kommetjie gesien het, het ons baie beïndruk. Ek dink dit is 'n rustige en stil bestemming met 'n lieflike strand."
"Rustige woonarea, maar steeds binne bereik van soveel om te sien en te doen. Noordhoek se strand is pragtig! Het onvergeetlike aangename naweek daar deurgebring."
"Kommetjie is a delightful village and has a tranquillity and character which is very relaxing. People we met are also super friendly. Wonderful stay indeed."
"Pragtige, skoon dorp. Heerlike pizza restaurant en 'n baie oulike deli. Gaan loer gerus in by Pepe the Cheesemaker op Imhof Farm vir besonderse bokmelkkaas en 'n lekker geselsie oor die regte manier van kaasmaak. "
"Kommetjie was vir jare 'n klein kusdorpie met net 'n kafee en 'n kroeg/restaurant en 'n paar kleinerige winkels, maar is besig om uit te brei. Daar is 2 winkelsentrums naby in Noordhoek, Simonstad is net 10 minute se ry, dis 'n uur van Kaap punt af, en 45 min van Kaapstad self. As jy braaf genoeg is om die koue Atlantiese water aan te durf, is daar 'n inham in Kommetjie wat as swemplek dien vir die inwoners, of jy kan 'n piekniek sak pak en Noordhoek se strand besoek. Dit is in my opinie een van die mooiste strande in die omgewing, en is ten alle tye skoon, stil en rustig, en werklik "underrated"."