Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.5 out of 5 based on 2114 reviews.
"Lewendige plekkie baie toeriste en oulike winkels. Die mense is vriendelik en daar is baie eetplekke. Naby die Krugerwildtuin se Orpen hek. Naby Swadini Vakansieoord."
"Nogal jammer dat so 'n mooi dorp op die afdraande pad is. Einde-van-die-maand-naweek en dit was duidelik verlate. Die kroeë en restaurante het amper geen besigheid gehad die twee beste aande van die maand nie. Baie, baie jammer want dit was altyd baie besig. "
"We love the Eastern Transvaal, go there every December. The scenery is awesome. We do a lot of motorbike riding."
"Dis 'n ontvlugting van die daaglikse lewe. Ons wou nie terugkom na ons tuiste nie. Het heerlik ontspan met die natuur en die berge om ons."
"Graskop is lekker sentraal geleë en dus ideal vir 'n besoek aan die gewilde plekke in die area."
"Die area is baie mooi, en interessant. Daar is baie om te doen en te sien. Die enigste negatiewe kommentaar wat ek het, is die toestand van die paaie. Die slaggate sal my twee keer laat dink voordat ons sommer sal teruggaan."
"Die baie bome is vir ons Hoëvelders ongelooflik mooi. Dorp is skoon en mense baie vriendelik. Klimaat is ook lekker. Baie besienswaardighede om te sien in die omgewing. Padwerke via Lydenburg (Mashishing) was baie ontwrigtend en bevel aan om eerder via Nelspruit te ry."
"Sabie het ongelooflike mooi natuurskoon. Alles lekker naby mekaar. Mens kan by een basis bly en baie verskillende plekke besoek."
"Pragtige omgewing en naby al Limpopo se besienswaardighede en nie te ver van Krugerwildtuin af nie."
"Graskop, die dorpie self is pragtig - net jammer daar is geen Wimpy of Spur nie, gelukkig is Sabie nie te ver. Uitstekend geleë vir al die besienswaardighede in die omgewing."
"Ons was baie verras oor die netheid, goeie strate en al die besighede wat in Hoedspruit is. Sal verseker volgende keer ons inkopies in Hoedspruit doen voor ons by die Orpen hek van die wildtuin ingaan in plaas van op Lydenburgh."
"Pragtige wêreld wat almal moet besoek. Baie mooi goedjies om te koop en lekker plekkies om te eet en te kuier."
"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."
"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "
"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."
"Deurdat dit grens aan die wildtuin, die Blyderivierdam en besondere mooi natuurtonele, gaan Hoedspruit baie groei as toeristebestemming."
"Hoedspruit is 'n baie klein dorpie. Perfekte plek om weg te breek van die besige lewe."
"Graskop is a very small town. I would recommend staying there if you are going sightseeing for two days or so."