Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Ons het baie geloop en winkels gekyk, nie gekoop nie, dus kan ek nie juis kommentaar gee oor Margate nie. Al wat vir ons sleg was is die baie "tattoo" plekkies en die mense wat hulle so laat teken en inkleur al of hulle nie inkleurboeke gehad het toe hulle klein was nie. Dit is ons kommentaar nie die algemene publiek s'n nie."
"Verblyf rondom Underberg is perfek as mens die Sani Pas wil doen. Sani Pass Tours was baie bekwaam en is in die dorp geleë. "
"Ek was nie baie lank daar nie (net oornag). Ek weet Howick het mooi besienswaardigehede en is oor algemeen baie mooi plek. Nog nooit daar vakansie gehou nie maar wel al daar gestop en waterval besoek."
"Dit was heerlik maar ten spyte van vreeslike beheer en toegang by die strand was daar steeds drank en dronk vrouens so die toesig en toegangbeheer is nie effektief nie al betaal 'n mens 25/person om strand toe te gaan."
"Sodwana kort net 'n vulstasie en ordentlike winkels. 'n Mens wil nie altyd betaal om ietsie te gaan koop by die winkel/Spar in die park nie. Maar as jy nie baie wil doen nie en net regtig wil ontspan is dit die regte plek. Vir die tieners is dit te stil en hulle raak verveeld."
"Southbroom was 'n wonderlike bestemming oor die Kerstyd. Netjiese strand, lagoon en gety-swembad. Die strand is veilig en glad nie beset met massas mense nie. Parkering digby strand en heerlike wegneemetes / snoepgoed te koop by strandkafee. Naby aan besienswaardighede en ander strande. Baie skoon strate en veilig. Word goed onderhou deur belastingsbetalersverenging en dus 'n ideale bestemming vir die kieskeurige vakansieganger."
"Net die aanwysing na die gastehuis was ietwat verwarrend.Die afrit Modelkloof was duidelik."
"Baie netjiese, vriendelike plekkie met verbasend meeste Afrikaanse toeriste! Ons het Ramsgate baie geniet. "
"Nie so besig soos Margate hoofstrand nie, graswalle sal ook baie gewild wees soos by Shelley Beach."
"Ek dink dit is rustig maar sal sê dit voel meer soos 'n klein plattelandse dorpie as 'n vakansie area veral die opset van die strand moes maar elke keer ry om by 'n bank of Spar te kom sal aanbeveel dat hul maar moet oorweeg om so iets aan te skaf nader vir goedkoper items."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Santa Lucia Guest House"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Ndlovu Chalet"St Lucia is die beste vakansiedorpie vir 'n gesin wat die buitelewe geniet. Dis 'n fantastise bestemming omdat 'n wildtuin en seevakansie in een gehou kan word. "
"Warner Beach self is wonderlik. Daardie deel van die Natalkus het kilometers se strand, so jy voel nooit doodgetrap nie. Ook goed gepatroleer deur die polisie."