Verified Reviews
L'Agulhas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in L'Agulhas
Rated 4.7 out of 5 based on 127 reviews.
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."
"Daar is nogal verbasend baie eetplekke en dinge om te doen en te gaan besigtig. Die tydjie was eintlik te kort. Jy kan alles op die dorp kry wat jy soek."
"Lieflik still en 'n natuurskone toeristebestemming. Darem nie verlate nie en het gereelde toeristegroepe om die punt waar die twee oseane ontmoet te besigtig. Vriendelike mense en lekker seekos te vinde."
"If you going there you are going to relax or catch fish. It is a very stunning little town and well worth a visit if you want to go and time out!"
"Pragtige foto's geneem by die mees suidelike punt en die skeepswrak saam met die sonsondergang."
"For peace and quiet and of course being at the Southern most tip of Africa, plus where the two oceans meet, L'Agulhas is perfect."
"Die enigste negatiewe kommentaar wat ek oor Agulhas het, is dat die Friendly Grocer verskriklik duur is."
"Groot dankie vir Peter vir die moeite wat hy meer as bereid was om te doen, hy is verseker 'n aanwins vir L'Agulhas..."
"Wonderful. Not too touristy. It is safe, water is lovely and warm which is a huge plus. Beautiful place to spend a weekend away. "
"Ons het l'Agulhas baie geniet. Die getypoele was heerlik en die vuurtoring is beslis 'n besoek werd. Maureen by die vuurtoring is baie goed ingelig en kon al ons vrae met gemak beantwoord. Die styl trappies tot bo by die lamp van die vuurtoring was 'n heerlike avontuur en ons het almal tot heel bo geklim. Die paadjie vanaf die vuurtoring tot by die suidpunt is 'n lekker stappie vir die hele gesin en die see se geruis langs jou maak dit veral besonders. Al het die wind gewaai, kon ons steeds in die getypoel swem. Terwyl die kraaie gegaap het in Kaapstad, was die temperatuur aangenaam in l'Agulhas. Ek en die jongmense het by die Zuidelike kroegie 'n koue bier gedrink en het die plaaslike gemoedelikheid geniet."
"Cape Town in general is becoming more and more popular as the preferred tourist destination because of the exchange rate it is real value for money. I personally think that L'Agulhas can expand to offer especially the Muslim tourist from countries like Saudi Arabia, Yemen and the Arab Emirate more Halaal eatery options as food is an important aspect of tourism. Our preferred getaway has always been Knysna and surrounds, but L'Agulhas is definitely a favourite for us now."
"Heelwat besienswaardighede in en rondom L'Agulhas en baie vriendelike plaaslike mense (gaan sê gerus hallo vir Neels en Rene by die restaurant en kroeg."
"Sal beslis weer hiernatoe kom as ek 'n kans kry. Daar is nog so baie wat ek wil sien en doen!"
"Sweet, little town by the sea, walks and runs along the board walk to the southern tip of Africa are a must before having a swim in one of the tidal pools. A climb to the top of the lighthouse also offers wonderful views, although if any one suffers from vertigo it is definitely not a good idea."
"Uitstekende potensiaal maar algeheel onder bemark. Daar is wel restaurante, brandstof en OTM's terwyl die webbladsye sê daar is geen fasiliteite nie!"